Respek vir ander (se geloof)

Saterdag het iemand 'n varksnoet en bloed by die deur van 'n moskee in Simonstad gelos.

Maandag was daar nog ʼn voorval in ʼn ander Kaapse moskee toe daar ook bloedspatsels in die moskee gevind is. ʼn Mens moet onthou dat ʼn vark ʼn onrein dier is vir Moslems. Dit sal ʼn mens ʼn idee gee van hoe gegrief Moslems sal wees as iemand dele van ʼn onrein dier plaas in ʼn plek wat vir hulle heilig is.

'n Mens wonder wat besiel enigiemand om so-iets te doen. Hierdie soort optrede spreek van ʼn absolute gebrek aan respek vir ander se oortuigings. ʼn Mens hoef nie met alles saam te stem wat ander mense glo nie, maar die minste wat ons kan doen, is om mekaar se geloofsoortuigings te respekteer. Leer jy hierdie waarde vir jou kinders? Ons as kinders van die Here wil graag die vryheid hê om ons godsdiens sonder vervolging te kan uitleef. Daar is net een manier hoe ons dit kan doen, en dit is om dieselfde voorreg ook vir ander gelowe te gun. Dit is die soort vryheid wat ons in Suid-Afrika kan geniet, en wat ons elke dag moet verdedig.

Maak seker dat jou kinders waardes leer soos om mense met ander politieke en geloofsoortuigings en mense van ander kulture en rasse altyd met die grootste respek te bejeën. Wanneer die Skrif sê “Julle moet alle mense respekteer” is dit ‘n allesomvattende opdrag en geen uitsonderings word ingebou nie.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.