Skoonheid in jou veertigs

Mary-Anne Barlow

Mary-Anne Barlow het bekendheid verwerf as Egoli se superfeeks. Sy lyk steeds nie ’n dag ouer as destyds nie. Sy is van mening dat dit baie te doen het met gene en bedank haar fabulous ouers daarvoor.

Akteurs dra elke dag verskriklik baie grimering en daarom glo sy aan ’n streng daaglikse velsorgroetine. Maar niemand berei jou werklik voor vir die onvermydelike verandering in jou vel wanneer jy jou veertigs tref nie. Sy glo jy moet die beste velsorgprodukte gebruik wat jy kan bekostig, want dit bied die ekstra hulp wat jou vel nodig het.

Die son maak vinnig oud

Wanneer ek ’n heruitsending van ’n vroeë Egoli-episode sien, merk ek ’n verandering in my voorkoms. My skoonheidsrituele is nie uniek nie, al wens ek ek kon sê dat daar ’n geheime bestanddeel is wat jou vir ewig en altyd jonk en beeldskoon gaan hou!

Gene speel beslis ’n rol in die manier waarop jy verouder. As daar een reël is waaraan ek wel glo, is dit om uit die son te bly. Dit tel in my guns dat ek nooit ’n sonaanbidder was nie. Ek kan aan niks ergers dink as om heeldag in die son te bak nie.

Grimeerkunstenaars se lesse

Ek bly verwonderd oor hoe goed ’n talentvolle grimeerkunstenaar jou kan laat lyk. Jare gelede het ek baie oor grimeertegnieke en die grimeerkleure wat by my pas, by my Egoli-grimeerkunstenaar geleer. So ’n les gee jou ’n goeie basiese kennis oor wat vir jou werk met betrekking tot veroudering.

Wees oop vir verandering, want jy kan gou te gemaklik raak met ’n grimeerstyl waarby jy al jare lank hou. Verander jou grimeerkleure. Wend dit met ’n ligter hand aan. Dit kan verfrissend wees en jou jonger laat lyk.

Jou persoonlike styl

Vandat ek ’n Placécolambassadeur is, gebruik ek graag hulle Illuminé-reeks vir velsorg en het ek werklik ’n verskil begin sien.

Goeie grimeerdekking laat jou oombliklik vars lyk. Met oudisies het ek geleer om nie skoonheidsneigings te volg nie, maar liewer my mooiste gelaatstrekke te beklemtoon, soos my glimlag.
Dis gróót! Ek gebruik nie kleur op my lippe buiten ’n natuurlike tint nie. Wat my oë aanbetref, moet ek ’n wimperkrultang gebruik, want my wimpers is lank maar baie reguit.

Toets die produkte

Jy is jou eie proefkonyn as dit kom by die hantering van veroudering. Die ironie is, teen die tyd dat jy weet of jou produkte en pogings die moeite werd was, is dit te laat om iets te verander. Wat seker is, is dat jy nie jou eie skoonheidsprogram moet ondermyn nie. Almal is verskillend in die manier waarop hulle ouer word.

Ek dink dit is net ’n kwessie van alles probeer voor jy vind wat vir jou vel werk. Ek het byvoorbeeld ook ’n jaar gelede suiker en kafeïen laat staan en ontvang net komplimente oor my oë en vel.

Placécol se Illuminé Revitalising oil is “vloeibare goud” en laat jou vel fantasties voel.

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test