Skinny Tan body mousse

’n Diep, natuurlike verbruiningsmousse wat jou lyf verbruin en ferm maak, en selluliet verberg, alles in een.

Organiese klapperolie versag en bevogtig die vel, en ruik ook heerlik.

Organiese Aloe Vera help om die vel glad te maak.

Twee groen-gesertifiseerde natuurlike verbruiningstowwe reageer met die vel om ’n diep, natuurlike sonbruin te produseer wat tot 14 dae lank kan hou. Dit kan ook op jou gesig gebruik word!

Dit verbleik saam met die natuurlike wisseling van die velselle en lyk nooit oranje nie. Geen kunsmatige chemiese visreuk nie. Skinny Tan ruik soos ’n natuurlike tropiese bries!

Skinny Tan is nie op diere getoets nie en bevat nie parabeen nie.
Dit is ’n trots Australiese produk – daar besit en daar gemaak.

Wat bevat dit?

SKINNY TAN bevat nie chemiese DHA nie, maar ’n natuurlike DHA wat uit die saad van die Brassica napus-plant (raap) verkry word. Omdat dit natuurlik is, is die moontlikheid kleiner dat dit jou vel sal uitdroog of beskadig, en is dit ook meer volhoubaar as chemiese DHA.

Guarana
Guarana is ’n tipe kafeïen wat natuurlik in sekere plante voorkom. Kafeïen is reeds lank ’n bestanddeel van die gewildste sigbare velverfermingsrome wêreldwyd. Studies het getoon dat guarana kan help om die voorkoms van die vel te verbeter en dit sigbaar fermer te maak.

Organiese klapperolie
Klapperolie ondersteun die natuurlike chemiese balans van die vel om ’n gevoel van welstand te skep en bevorder die kwaliteit van jou vel.  

Aloe Vera
Verryk met aloe vera vir kragtige, langwerkende bevogtiging wat jou vel sag, glad en gevoed laat.

www.skinnytan.co.za | Facebook: skinnytansa | Twitter: @SkinnyTanSA     

 

Website Security Test