Help, Ma! Ek is nie in nie

groepsdruk

 

lyn_3.png

GRATIS

365 wyshede uit die pen van Hettie Brittz.

KLIEK HIER om jou gratis Carpe Diem e-boek hier af.

lyn_3.png

Alle ouers vrees dat hulle kinders onder groepsdruk sal swig. Laat hulle voel dat hulle in die gesin tel, en die stryd is halfpad gewen.

As jy net die begeerte in jou hart het dat dit goed moet gaan met jou kind, is jy klaar op die regte pad. Die res word gewoonlik vanself opgelos. ’n Ouer se liefde, aanvaarding en onvoorwaardelike ondersteuning is onontbeerlik om elke kind deur die opgroeityd te help.

Jou kind se skooljare is ’n baie belangrike tyd in hulle lewe. Moet nooit so heftig reageer oor maats dat jou kind later eerder op die kantlyn staan as om deel te neem nie. Jy kan begin deur te sorg dat hulle by soveel moontlik aktiwiteite inskakel – en wees self ook betrokke. Word “deel” van die groep deur hulle af en toe met ’n roomys of pizza te bederf.

As jy nie van ’n sekere groep hou nie, moenie die fout maak om jou kind te belet om hulle te sien nie. Dít sal die aantrekkingskrag net groter maak. Gesels rustig daaroor en lig sekere van die negatiewe aspekte subtiel uit. Laat jou kind dan self besluit dié klomp is nie vir hom bedoel nie.

[VIDEO] Hoe kry ek my kinders gemotiveer om die nodige daaglikse oefening te kry?

Help hulle om ’n eie identiteit te ontwikkel

Dit is belangrik dat kinders van kleins af ’n sterk identiteit moet vestig. Een manier is dat elkeen, veral as hulle nog klein is, ’n plakkaat oor hom- of haarself kan maak: “Ek is ...; ek hou van ...; ek voel hartseer as ...; ek is opgewonde as ...” Hierdie plakkate word teen hulle kamermure of iewers in die huis opgehang.

Wanneer hy dan in ’n groepsituasie kom waar die ander kinders iets doen wat hy nie wil doen nie, kan hy doodeenvoudig sê: “Ek is nie ’n roker nie.” Dit pas mos nie by sy identiteit nie. Dis glad nie wie hy is nie – dit staan nie op sy plakkaat nie!   

Jy behoort hulle aan te moedig om dinge te bevraagteken. Natuurlik moet hulle nie alles en almal uitdaag sonder om by die reëls te wil hou nie. Hulle moet net nugter wees teenoor die lewe, in plaas van om naïef te wees en alles vir soetkoek op te eet.

Laat almal in die gesin voel hulle behoort

Kenners is dit eens dat kinders tussen nege en negentien smag na ’n sense of belonging. As hulle dit nie in hulle eie huise kry nie, sal hulle dit op ander plekke gaan soek.

Ouers kan ’n gevoel van geborgenheid vestig deur seker te maak dat elke kind weet hy of sy tél in die gesin. Julle kan byvoorbeeld die reëling maak dat as die laatlam iets wil sê, sy haar hand kan opsteek. Die res moet dan stilbly om na haar te luister.

Dis belangrik dat elke lid van die gesin ’n kans moet kry om gehoor te word. Julle kan ook gereeld huisvergaderings hou sodat almal ’n geleentheid kry om te sê wat pla.

Hulle moet besef hulle sal die gevolge dra

Vertel vir jou kinders dat hulle nooit magteloos in ’n verkeerde situasie saamgesleur hoef te word nie. Hulle kan altyd ’n ander plan maak. Skets ’n paar probleemsituasies en laat hulle oplossings daarvoor gee.

Jy belet hulle dalk nie om êrens heen te gaan of saam met sekere maats te kuier nie, maar hulle moet duidelik verstaan dat hulle die gevolge van hulle dade sal dra. Volgende keer sal hulle twee keer dink voor hulle ’n dwaasheid aanvang.

Kinders is vir seker nie engeltjies nie. Dit is egter belangrik dat hulle moet weet dat dit nooit te laat is om te verander nie. Julle kan byvoorbeeld aan die begin van elke jaar elkeen vyf dinge neerskryf wat julle graag in die komende jaar anders wil doen. Lê ook klem op skuldbelydenis en onvoorwaardelike vergifnis. Vergewe hulle as hulle verkeerd was en leer hulle ook om hulleself te vergewe.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Oulike Ma verstaan jou en bevat al die wenke wat jy nodig het om die ma te wees wat jy wil wees. Hierdie eerlike boek praat in 100 stukke reguit met jou hart én verstand. Om jou as ma al hoe ouliker te maak, is daar ware verhale van gewone én buitengewone vroue, en die praktiese advies van kenners en deskundiges wat ouerskap ken.

Kliek HIER om die aanlyn te koop op www.voelgoedwinkel.co.za

lyn_3.png

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.