Skryf-vir-die-Gees-slypskool

SATERDAG 1 AUGUSTUS, ACCOLADES, MIDRAND, 08:00

Word ’n erkende skrywer

Kenners deel hulle ervaring en verklap die stappe tot sukses

 

As jy hou van skryf en daarvan droom om ’n boek te publiseer, maak seker jy woon hierdie omvattende eendagslypskool by.

Almal kan skryf, maar om ’n boek te publiseer verg meer as om woorde op ’n rekenaarskerm te tik. Woon ons Skryf-vir-die-Gees-slypskool by en verstaan die verskil.

Jy word ’n skrywer die oomblik dat jy iets skryf. Om egter ’n erkende skrywer te word is ’n bietjie ingewikkelder. Dit verg kennis, dissipline, harde werk, ’n gewilligheid om te leer en selfs ’n tikkie geluk. Daar is sekere stappe wat jy kan volg om jou werk te laat publiseer. Woon ons Skryf-vir-die- Gees-slypskool by en kry advies by die kenners.

Slegs 150 plekke teen R500 elk.

Lees meer »

lyn_3.png

Wie gaan daar wees?

STEPHAN JOUBERT
stephan joubert
SUSAN COETZER
susan coetzer
VENESSA SCHOEMAN
venessa schoeman
PIERRE VEE
pierre vee
COENIE SCHOEMAN
coenie schoeman
 

lyn_3.png

Bespreek jou plek

Besprekings vir hierdie omvattende eendagslypskool, Skryf-vir-die-Gees, op 1 Augustus by die Accolades, Midrand, is nou oop.

Een van die slegs 150 gelukkige kursusgangers sal ’n e-boekkontrak ter waarde van R20 500 wen met die komplimente van My Boek.

KAARTJIES IS ONGELUKKIG UITVERKOOP.

lyn_3.png

 

 

kommentaar (9)

  • Adele (kommentaar)

    Goeie morè, wil net graag weet of daar 'n ouderdoms-beperking is om die eendagslypskool by te woon.  Ek het 'n tiener dogter van 18, wat moontlik sal belangstel.

     

    Groetnis

    Adele

  • Denise (kommentaar)

    Sal die kursus my ook kan help met advies en uitleg vir n resepte boek?

  • admin

    Hi Adele, ja jou dogter sal baie baat hierby. Daar is nie 'n ouderdoms-beperking nie.

    Groete
    Voelgoed-span

  • admin

    Hi Denise, nee daar gaan nie oor uitleg gepraat word nie. Ons fokus gaan meer wees op selfpublisering, tydskrifskryf, geestelike fiksie skryf, blogging (kan dalk help vir kosblog) en dan geestelike groei.

    Groete
    Voelgoed-span

  • Alida (kommentaar)

    Hi Voelgoed-span! Eerstens dankie vir so 'n geleentheid. Ek wil graag weet of daar enige ander moontlikhede is om met die aanbieder in kontak te kom anders om die sessie by te woon? My Pa skryf gedigte wat almal aanraak en roer vir wie hy dit al gelees het en ek wil graag 'n kenner se mening kry oor sy ongelooflike talent en watter stappe om te vilg om 'n bundel te publiseer. Ons woon in die Karoo, en sal dus ongelukkig nie die sessie in Mdrand kan by woon nie, maar eks bereid om te betaal om met die aanbieder kontak te maak. Ps. Hy teken net so mooi en elke gedig word uit gebeeld met skets en bring net nog meer uniekheid en gevoel mee. Baie dankie vir jul terugvoering. Vriendelike groete. Alida

  • Ida Grabe (kommentaar)

    Liewe Voelgoedspan, ek en my man het kaartjies gekoop vir 1 Aug en verneem of ons skryfsels moet instuur. Ons sal ook graag die program wil sien wanneer beskikbaar. Ons sien baie uit na die geleentheid.

  • Amelia (kommentaar)

    Wil dit baie graag doen gaan julle dit in die kaap ook aanbied?i

  • Adri la Grange (kommentaar)

    Goeiedag, ek sal die kursus bywoon. Ek wil net graag uitvind of daar VBO punte is wat leraars kan verdien?

    Groete Adri

  • admin

    Goeie dag,

    Ongelukkig is daar nie VBO punte om te verdien by die Skryf vir die Gees slypskool nie.

    Baie dankie.

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.