Gebraaide piesangs en gekaramelliseerde pynappel

Genoeg vir 6 porsies

BESTANDDELE

• 1 pynappel
• 6 piesangs
• suiker, bruin of wit
• roomys, room of crème fraîche
• gouestroop

METODE

1. Skil die pynappel en sny dit in ses ewe dik skywe. Bedek elke skyf aan albei kante met suiker deur dit in die suiker te doop of deur suiker oor albei kante te strooi. Braai die piesangs met skil en al.
2. Braai die pynappelskywe en piesangs oor matige kole. Die piesangs is reg wanneer hulle heeltemal swart is en die pynappel wanneer die suiker aan albei kante gekaramelliseer het.
3. Haal die vrugte van die kole af en maak ’n diep sny in elke piesang langs die binnekant van sy kurwe af. Vlek die piesangs oop deur tegelyk aan albei ente te druk. Elke piesang behoort nou soos ’n Indiaanse kano te lyk.
4. Plaas een piesang en een pynappelskyf in elke poedingbakkie en sit ’n skeppie roomys in elke piesang. Room of crème fraîche sal ook werk. Gooi gouestroop of heuning bo-oor en sit onmiddellik voor.

 

Website Security Test