Finesse 4:12 Meisie-app

Meisies kan ’n verskil maak. Die Finesse 4:12 Meisie met ambassadeur Janine Truter wil jou bemagtig om jou plek nou al vol te staan.

Sprankel, die eerste boek uit Janine se pen, praat prontuit met tienermeisies. Dis hulle ultimate gids tot die lewe. Sy help hulle om in die eerste plek te verstaan God is aan hulle kant.

Verder gesels sy kopstukke oor dinge soos die regte ou op die regte tyd en hoe om vrede te maak met jou lyf. Sy gee ook idees vir hoe om smaakvol aan te trek en het ook wenke vir daardie eerste afspraak...

Die Finesse 4:12 Meisie-app kan gratis afgelaai word. Ons kommunikeer met jongmense soos hulle dit verstaan: via hulle selfone. Hierdie app is propvol inspirerende dinge: dagstukkies vir Maandag tot Vrydag, en raad oor hulle verhouding met ouers, vriende en kêrels.

Dié app het ook ’n funksie waar hulle anoniem vrae kan vra waaroor hulle dalk ongemaklik voel. Janine sal daardie vrae beantwoord.

Hier is iets vir meisies om hulle besig te hou in daardie tydjies tussenin. Nou kry sy pitkos terwyl sy wag vir die netbaloefening of dat haar ma haar by die skool kom oplaai.

Die Finesse Meisie app sal in Julie beskikbaar wees.
Vul jou besonderhede onder in, en ons laat weet jou sodra jy dit kan aflaai.

Website Security Test