Om die oes af te haal

by Blogger - Gerjo Ben van der Merwe / Oct 03, 2017 / 1 Kommentaar

Ek onthou nog in watter flattie ek ge-spin het toe die kontrakteur wat ek bespreek het om met sy vyftig mense te kom help pars die naweek voor parstyd, my net ’n SMS stuur en sê hy is jammer, hy kan dit net nie meer maak nie.

Ek het yskoud geraak. Ek het God gesmeek om mense te voorsien om die meer as duisend ton druiwe te kom help afhaal. Toe het ek die lorrie na Greyton gestuur om te kyk of daar nie mense is wat wou werk nie. Ek het self in my bakkie geklim en van dorpie na dorpie gery om enige iemand te kry wat bereid was om ’n parsskêr vas te hou. Ons het net mense gesoek wat bereid was om te werk, ons sal hulle self oplei.

Ek kan nie meer onthou waar ons almal bymekaar gemaak het nie, maar wat ek wel kan onthou, is dat ons geen probleem gehad het om die oes betyds by die kelders uit te kry nie.

Weet jy dat God jou gemaak het om sy oes op die lande te gaan haal? Nee, jy hoef nie nou in ’n flattie te verval en dink jy moet alles net so los en die sendingveld betree nie – daar is reeds ander ouens aan die werk. Nee, Jesus wil jou toerus om daar waar jy jou lewe leef ’n verskil te maak – die oes in te bring. Maar meer nog, Hy sal jou toerus om die werk te gaan doen. Wat jy ook al nodig het om die oes in te bring, sal Hy vir jou gee. As dit is om mense gesond te maak, sal Hy vir jou die gawe laat kry. As dit is om mense in nood by te staan en te help met die verligting daarvan, sal God die gawes in jou losmaak om dit te kan doen.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test