Daar is hoop vir mense wat hakkel

by Blogger - Jaco Swanepoel / Mar 01, 2017 / 1 Kommentaar

Ek sit in die graad 4 klas en dit is my beurt om ʼn mondeling te doen voor die klas. Ek kan nie ʼn woord uitkry nie, ek is bang om voor mense te praat, ek hakkel op elke woord.

Die klas is verbaas, party mense lag vir jou, jy gaan sit maar en bly stil. Die juffrou weet nie wat om te doen nie.

So het my journey begin met hakkel. Ek onthou my ouers het my na ʼn hele paar spraak terapeute toe gestuur, niks het gehelp nie. Jy hoor die heeltyd stories van jy moet meer bid, en die Here sal dit wegvat soos wat hy vir Moses gehelp het. In baie hakkelaars se geval is dit nie so nie. Ek het my hele skool loopbaan deur gehakkel. My ouers het gehoor van ʼn program/kursus met die naam “McGuire Programme”.

Dit was ons laaste hoop om my spraak te verbeter. My Pa het betaal vir die kursus en my Kaap toe gestuur om dit te gaan doen in die April vakansie van my Matriek jaar.

Die McGuire program word aangebied deur mense wat gehakkel het, en wat nog herstel van hakkel. Dis soos ʼn sport, hoe meer jy oefen hoe beter kan jy praat. Die 4 dag kursus het my hele lewe verander d.m.v spraak. Ek kon vir die eerste keer op ʼn foon praat. Toe ek na die vakansie terug kom by die skool en ʼn mondeling voor die klas doen, was die klas in trane gewees. Na dit het ek 5 kursusse gedoen om my spraak te verbeter. Deesdae as ek met mense praat weet hulle nie eers ek het gehakkel op skool nie.

Die kursus verander soveel mense se lewens. Ek was laas naweek op ʼn kursus in Johannesburg. Daar word 4 ʼn jaar aangebied in Suid Afrika. Ek was so bly om te sien dit maak ʼn verskil in jongmense se lewens.  Dit is nog steeds ʼn daaglikse oefening vir my om hard te werk aan my spraak en om vlot te praat. Die McGuire programme is nie ʼn “quick fix” kursus om jou vlot te laat praat nie, maar tegnieke word vir jou geleer in 4 dae om dit elke dag te kan oefen. Dit is lewenslange tegnieke wat hulle jou leer om vlot te praat.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
Website Security Test