Jy is super!

Elke vrou weet diep in haar binneste wanneer die tyd reg is om nie meer toe te laat dat vrees haar terughou nie. Jy moet besef jy ís iemand spesiaal. Daar is immers ’n prys vir jou betaal.

Besef dat jy ’n verskil kan maak. Die lewe gee ’n mens nie ’n doel nie, jy gee jou eie lewe ’n kosbare doel met elke aksie, soms selfs onsigbaar, maar dit het soveel krag. Dis nie wat ons dra wat ons definieer nie, dit is wat ons doen wat ’n verskil maak. Jy moet net die moed hê om iets buitengewoons te doen.

Ons is ’n uitverkore generasie, ’n koninklike priesterdom, ’n groep wat afgesonder is, in diens van ’n ongelooflike Leier – maar ons is steeds net vroue. Ons is brawer as wat ons glo, sterker as wat ons lyk en wyser as wat ons dink. Dit wat in ons is, is sterker as dit wat in die wêreld is.

Volg 4Minutes #CoffeeAndConvos op Facebook.

Meer videos deur 4Minutes #CoffeeAndConvos:
Liefde is meer as ‘n passievolle soen
Die geur van ’n vrou
 

 

Website Security Test