#netGIRLS-bootreis

Andriëtte Norman, Lynette Beer, Dowwe Dolla: drie supervroue op ’n boot vol lesers van 2 tot 5 Maart 2018! As jy nou jou kaartjie koop, sal Placécol jou ook mooi maak!

Die wekker gaan af daar waar jy snoesig in jou luukse kajuit lê en slaap. En jy onthou jy hoef nie te snooze nie, jy kan dit sommer heeltemal afsit, want niks jaag jou nie. Die son skyn helder en jy besef eensklaps: Vandag klim jy by die Portugese Eiland af!

Op die dek staan die buffet-ontbyt reeds gereed. Jou vriendin waarsku jou om nie te veel te eet nie – daar wag nog kos op die eiland ook. Wanneer jy later jou tone in die sand steek en die warm Mosambiekse seewater teen jou enkels voel klots, besef jy: Dít is mos die lewe!

Supervrou, jy verdien die wegbreek

Die #netGIRLS-bootreis is ’n agteroor-sit-skoene-uitskopnaweek.

Dis vir elke vrou wat ’n rukkie van die werklikheid af wil wegkom en net weer wil onthou dat sy eintlik ’n supervrou is. Iemand met haar eie drome en ideale, al vervul sy soveel verskillende rolle gedurende die dag.

Jy kan uitsien na watertand buffet-etes, ’n luukse kajuit, vyfsterdiens, cocktails saam met vriendinne, opwindende aktiwiteite op die dek, verhoogvertonings in die aand en ’n hele dag op ’n tropiese eiland!

Jy vaar boonop met die manjifieke MSC Sinfonia – ver van die wasgoed en die verantwoordelikhede by die huis. Die #netGIRLSbootreis is jóú naweek en ’n wegbreek wat jou sak sal pas.

Andriëtte Norman is die #SuperSter-gaskunstenaar op die #netGIRLS-bootreis en haar vertonings is by jou kaartjie ingesluit! #SuperSnaakse Dowwe Dolla (oftewel Margit Meyer-Rödenbeck) is die land se mees geliefde “dom blondine”. As daar een ding is wat #SuperSosiale Lynette Beer snap, is dit mense. Sy bring haar wysheid vir al daardie “ek verstaan jou nie!”- oomblikke wat jy elke dag beleef.
Hierdie vroue gaan jou inspireer en vermaak. Van die verhoog af kan jy selfs ’n cocktail saam met hulle geniet.

Gratis Placécol behandelings!

Koop jou bootreiskaartjie voor 29 Oktober 2017 en kry ’n R300- geskenkbewys by Placécol. Skoonheidsbehandelings sluit in ’n facial, manikuur of pedikuur, gel overlays, waks of selfs ’n wenkbroutint! Jy kan ook R300 afslag op duurder behandelings kry. Die geskenkbewys is geldig vanaf 2 Januarie tot 1 Maart 2018 en kan gebruik word by Placécol-salonne landwyd. Geskenkbewyse mag nie vir kontant omgeruil word nie.

lyn_3.png

Ons sien jou op die boot in 2018!
Skakel MSC direk by 011 807 5111 en sê jy wil vir die Finesse bootreis bespreek.
As deel van die Finesse-groep, kry jy ’n geskenksakkie en toegang tot al die vertonings. Indien jy deur ’n reisagent bespreek sal jy nie deel wees van die Finesse groep nie.

Jy kan ook aanlyn bespreek deur hier te kliek.
Maak seker jy kliek op die Finesse Cruise, anders gaan jy uitmis op belangrike kommunikasie.

ANDRIËTTE NORMANANDRIËTTE NORMAN
 
DOWWE DOLLA
DOWWE DOLLA
LYNETTE BEER
LYNETTE BEER

lyn_3.png

Lesers sê...

Die bootbelewenis en die herlewing in my siel is van so ’n aard dat ek eintlik net kan jubel... Ek en my drie dogters het ons hartseer oor Corliatjie (ons meisiekind wat ons verlede jaar verloor het) oor die pragtige blou see finaal gegroet.
Cornel Rothmann

DANKIE DANKIE DANKIE dat julle ons die geleentheid bied om ’n bietjie weg te kom, te ontspan en opnuut pitkos vir die siel te kry. Ons het gelag, so hier en daar ’n traan-in-die-oogoomblik gehad, en opnuut “stil” geraak en besin oor ons Kind-van-God-wees; vrou-wees; mamma-wees en vriendin-wees. Die bekendes was uitstekend en ons het reeds boodskappe uit die God is Groot-boek gekry wat ons altyd sal bybly. Dankie Finesse vir herinneringe en dat julle in ons lewe belê.
Leandré Olivier & Bianca Kriel

lyn_3.png

Foto's en videos van ons vorige reise:
Net Girls-bootreis 2017 foto-album
Net Girls-bootreis 2016 foto-album
Net Girls-bootreis 2015 foto-album

 

Website Security Test