Weerstaan ​​Gierigheid Wees Vrygewig

by Blogger - Velia Basson / Sep 12, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 61 mense.

Ek word daagliks geïnspireer deur mense wat die kuns vervolmaak het om ruimhartig te wees.

Sommige van die pragtigste mense wat ek ken, is die mense wat die mees rojaalste gee. Hulle maak die besluit om 'n lewe te leef wat groter as net hulself is, en hulle hande en harte is wyd oop. Hulle leef met die gesindheid van die Koninkryk van God, wat verskil van die gesindheid van die wêreld en hulle het ontdek dat dit inderdaad 'n groter seëning is om te gee as om te ontvang. Die ruimhartige mense waarna ek verwys, kyk vir geleenthede om God te dien in die klein alledaagse geleenthede rondom hulle. Hulle wag nie vir die volgende persoon om dit te doen nie – hulle daag op en hulle doen dit.

Ek glo dat die ware stryd van 'n gebrek aan ruimhartigheid nie altyd spruit uit suinige harte nie, maar dit is dikwels harte wat diep gewortel is in vrees. Dit is dus dikwels nie 'n kwessie van liefde nie, maar 'n kwessie van vertroue. 'n Versekering dat Christus belowe het om aan ons behoeftes te voorsien as ons gehoorsaam is en gee, om in die behoeftes rondom ons te voorsien. Ons is geseën om ander te seën.

'n Gewende lewe is 'n lewe wat deur die Gees gelei word. Dit is 'n dankbare lewe wat waarlik die waarde besef van alles wat dit ontvang het. Ruimhartigheid en liefde is parallel aan mekaar, en werk hand aan hand soos 'n masjien wat goed geolie is. Jy kan nie die een sonder die ander een hê nie. Liefde vereis aksie, dit vereis ruimhartigheid en dit sal ons iets kos. Christus het dit vir ons gewys met Sy lewe hier op die aarde, waar Hy so diep en so ryklik liefgehad het, dat Hy gegee het.

Ons ware Bron en Voorsiener in ELKE behoefte, is Christus. Voorsiening lê nie in geld nie, maar in Hom. Hy het belowe om aan al ons behoeftes te voorsien volgens Sy rykdom.

Die waarheid oor om nie ruimhartig te wees nie? Dit los ons:

 

leeg in plaas van tevrede
gefokus op onsself in plaas van gefokus op God
onvriendelik

Praktiese maniere om in ruimhartigheid te GROEI:

Dink aan iemand wat jy sien as 'n ruimhartige persoon. Kyk hoe hulle dien.

Ons is almal ryklik geseën in areas van ons lewens. Wat kan jy in jou persoonlike lewe doen as 'n manier om te groei in ruimhartigheid en opmerksaamheid van die behoeftes om jou?

Wie in jou lewe sal vandag baat by en geseën word deur jou ruimhartigheid

Vra die Here daagliks watter behoeftes Hy rondom jou geplaas het waarmee jy kan help, hetsy deur jou geld, jou tyd of jou gawes te gee. Daar is altyd 'n manier om te gee.

  • Blogger - Velia Basson

    Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en  na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.