Ware mooi

by Blogger - Letitia Pienewald / Oct 13, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 39 mense.

Ware mooi-wees kom van binne
Nooit sal jy dit opreg van buite vind
Dis dit wat in iemand is wat hom waarlik mooi maak
En dan sy pad na buite straal

Julle sit te veel klem
Op dit wat van buite mooi is sê Vader
Julle soek betekenis daar
Dis daarin wat julle jul waarde vind

Wat as daardie goed van jou af weggeneem word
Wat as dit oornag verdwyn
Sê My liewe kind
Wat gaan oorbly?

Ek wil hê jy moet weet
Jou waarde lê dieper liewe kind
Dis nie wat jy aantrek wat jou kosbaar en geliefd moet laat voel nie
Dis wie jy is van binne

Ja mooi-wees en aantrek bly lekker
Tog wil Ek hê liewe kind
Jy moet seker wees
Of dit nie is waar waarde vir jou lê

Ja liewe kind
Want jy kan hoe mooi lyk buite
Maar wat as dit wat binne jou hart leef
Nie rerig is van My?

Liewe kind Ek wil hê jy moet voluit leef
Sonder voorgee
Sonder pretensie
Sonder om ooit te dink jy is beter as ‘n ander

Ware skoonheid kom van binne sê Vader
Dit is waar alles begin
So liewe kind maak seker
Die waarde van wie jy is het jy alreeds in My kom vind

Ek sal jou mooier maak
As wat jy ooit kan dink
Van binne af sal dit straal
Die wêreld rondom jou met soveel warmte en blydskap vul.

  • Blogger - Letitia Pienewald

    Letitia Pienewald is ietsie oor die 30 jaar oud en gebore en getoë in Gauteng. Sy is in diens van die Here by die Anker van Hoop en King of Kings blogs. Letitia is lief vir die lewe en uitverkoop aan die Koning van alle konings. ‘n Hartewens is dat alle mense die perfekte liefde, goedheid en trou in God se hart elke dag meer sal ontdek. Sy is passievol daaroor om hoop aan ‘n gebroke wêreld te bring - haar lewe is immers ‘n getuigskrif van genade. Besoek Anker van Hoop op Facebook.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.