Wanneer laas ...

by Blogger - Hannelie van Niekerk / Oct 10, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 108 mense.

‘Date night’... soms moeite...  mens moet bespreek, oppasser vir die kinders kry en aantrek en ry na ‘n plek.

Is dit nie makliker maar om net by die huis rond te hang nie.. Lekker bad en rustig televisie te kyk.   Hoekom wil jy nou jouself mooi maak en uitgaan?

Mevrou.. doen die moeite. Bederf jou man.  Onthou die begin tyd van lekker ruik, van mooi aantrek, van asem ophou en vlinders in maag rondjaag.    Meneer.. komplimenteer jou vrou, sien die moeite raak.. ja ons is nie meer die pop van lank, lank terug nie.  Doen moeite, maak seker dat jy ook lekker ruik en mooi aantrek.   Gee aandag aan mekaar, luister na mekaar se drome, se verwagtinge.. Droom saam!  Los die fone.. jy hoef nie hom te tag op Facebook nie en vir die wêreld te sê julle is op date night nie… jy hoef nie die kos af te neem nie… jy hoef nie op Facebook vir hom te vertel hoe jy voel nie.. gebruik die oomblik nou.. praat!

Elke persoon op sy eie moet kan funksioneer.  Maak seker dat jy jou eie belangstellings het.  Nee, mevrou jou kinders kan nie jou stokperdjie wees nie.  Lees, speel games, gaan oefen of begin weer te leer, doen ‘n kursus in iets wat anders is… die belangrikste is: Doen iets vir jouself.  Maak dan tyd om saam goed te doen.  Onthou kinders is net so lank op jou aangewese.. dan sprei hulle hulle vlerke.. moenie eendag opstaan en besef dat jy niks anders het nie…

Maak seker dat jy oor goed kan gesels wat nie net kinders en skool en sport is nie.  Onthou .. julle verhouding was eerste en as gevolg van dit het ander mense gebeur.  Moenie julle verhouding afskeep omdat jy nie tyd het nie. 

  • Blogger - Hannelie van Niekerk

    Hannelie is 'n ma van 'n mooi tiener dogter en 'n boeta wat die lewe in hulle hande omvou. Ek is ʼn vrou vir een, my rots en my anker. Ek het ʼn ongeslypte liefde vir skryf. My kop vol woorde oor my ervaringe en hoe ek oor dinge voel, wat ek graag wil deel. Ek het onlangs begin blog by www.malkoppieterapie.com. Dit is my denke, my woorde, geskryf uit my hart.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.