Tannie ek sal nooit...

by Blogger - Hannelie van Niekerk / Sep 13, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 125 mense.

Ons kan so maklik dink ons is beter as ander.  Ek wonder soms as mens regtig daaroor dink is als wat mens het en doen en bereik ‘n gawe van God.

Ja, ons besluit of ons die gawe wil gebruik of nie… maar omstandighede kan ons prestasies ook beinvloed.

Dink gou daaroor.  Ek is gekoppel en ek kan op die internet enige inligting kry .  As ek vashaak kan ek my ma en my pa vra.  Wat sou van my prestasie geword het as ek nie ‘n ma en pa het wat my kan help nie?   As ek nie data het om my taak se inligting te kry nie?  As ek nie iemand het om my na die biblioteek toe te vat nie?

My ma wat my help om my dag te beplan en my rooster op te trek dat ek genoeg tyd het om als te in  te pas.  My ouers wat my geleer het hoe om te leer,  om my eie ritme te vind.    As ek nie ‘n ma het nie, sou ek dan nog steeds so arrogant vertel oor my prestasies?

Pasop wat mens sê, as mens se woorde eers begin met Tannie ek sal nooit ..maar..  dan moet mens mooi kyk wat daarop volg… want gewoonlik is dit ek dink ek is slim of ek is goed in sport of ek is mooier as die een langs my, of ek is meer gewild as ander.

Mooi, slim kind.  Gaan op jou knieë en prys ons Vader dat Hy jou so baie seën.   Onthou om nederig te bly en voor jy oordeel dalk te help.  Voor jy hoogmoedig neerkyk jou hart oopmaak vir die een langs jou.

Ek vra julle wat is ons doel op aarde.. dit moet ‘n maklike antwoord wees… soek diep in jou hart.

  • Blogger - Hannelie van Niekerk

    Hannelie is 'n ma van 'n mooi tiener dogter en 'n boeta wat die lewe in hulle hande omvou. Ek is ʼn vrou vir een, my rots en my anker. Ek het ʼn ongeslypte liefde vir skryf. My kop vol woorde oor my ervaringe en hoe ek oor dinge voel, wat ek graag wil deel. Ek het onlangs begin blog by www.malkoppieterapie.com. Dit is my denke, my woorde, geskryf uit my hart.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.