Skoonheid van môre – ‘n kwessie van toegewydheid

by Blogger - Annien Botha / Jul 28, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 183 mense.

Om mooi te kan lyk, moet jy mooi voel. Maar hoe bewerkstellig jy dit?

Dit is ‘n kringloop: eerstens moet jy TOG goed lyk. Skoonheid en voorkoms maak saak, nie omdat ons ydel of ligsinnig is nie, maar soos Scott Fitzgerald gesê het, “Slegs wanneer die fyner detail van jou voorkoms versorg is, kan jy die sjarme daarvan geniet”. Om goed te kan lyk, moet jy ruimte vir skoonheid in jou lewe maak.

Tyd is nodig om oefening te kry en jou vel en hare te versorg. So ook die aanpassing van sekere aspekte van jou lewenstyl, goeie eetgewoontes en, indien nodig, massaverlies. Hierdie aanpassings is bevrydend eerder as beperkend, want, indien hulle eers baasgeraak is, sal jy vry kan wees van angstige gedagtes wat jou daarvan weerhou om op die dinge te konsentreer wat jy belangrik ag.

Die aanpassings en toewyding het veral te make met ‘n manier van dink. Verbreed jou perspektiewe. Skoonheid omvat jou hele wese. Word dus bewus van jouself, en jou gevoelens oor jouself.. Wees bewus van hoe jy jou eie liggaam behandel, jou liggaamshouding, jou optrede onder druk en die hulpmiddels waarvan jy gebruik maak. Boeke, tydskrifte of die internet kan al die tegniese kennis veskaf, maar die belangrikste faktore, motivering en toewyding, kan net vanuit jouself kom. Slegs die uiterste beeldskone kan sonder enige inspanning goed lyk.

Vir my is ware skoonheid gesond en stralend, geheel en al natuurlik, met ‘n helder gelaat,

blink hare en oë, ‘n ferm figuur en ‘n positiewe lewensbenadering.

Elkeen kan gesond wees en ‘n goeie voorkoms hê, mits dit versorg word. En die versorging

hang nie van gister of van die planne vir môre af nie, maar van wat jy vandag doen.

Kyk met ander oë na jouself. Dit is nooit te laat nie..

 

  • Blogger - Annien Botha

    As internasionaal gekwalifiseerde skoonheidskundige,  spaterapeut en huishoudkundige skryf Annien oor SKOONHEID en GESONDHEID op alle terreine.  In 2012 was sy betrokke in ‘n ernstige motorongeluk  wat haar beroep as terapeut na 20 jaar beëindig het. Sy het egter besluit om te bly skryf en blog in haar beroep. Sy inspireer met haar eie gedagtes, dade en lewensverhaal sowel as die van mense rondom haar.
    www.annienhealthandbeauty.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.