Simboliek van die Roos

by Blogger - Gina van Staden / Oct 10, 2017 / 1 Kommentaar / Gelees deur 96 mense.

Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van simboliek – dis te verkry oral in die natuur, in kleure, getalle, ensovoorts.

God gebruik soms simboliek om boodskappe met ons te kommunikeer deur vorm van drome, visioene, geskenke en net deur spesifieke dinge op ons harte te druk. As ons begin fyn kyk en luister, sal ons besef dat Hy gedurig met ons praat – net nie altyd op maniere wat ons verwag nie. Ons moet dus begin sensitief raak vir Sy stem wat op soveel interessante maniere met ons wil praat.

Kom ons kyk vandag na die simboliek van die roos:

  • • Jesus word beskryf as die Roos van Saron.
  • • Die roos word gesien as die perfekste van al die blomme.
  • • Dit dui op romanse en geskenke. Omdat die man gewoonlik vir die vrou rose as geskenk gee, dui dit simbolies op Christus wat (Homself) aan Sy bruid gee (ons).

 

Rose is beskikbaar in verskeie kleure. Kom ons kyk kortliks na kleur simboliek:

  • • Rooi – dit dui op Jesus se vergiete bloed wat ons red, reinig en outoriteit gee. Dit dui ook op passie en geestelike oorlogvoering. ʼn Belangrike punt oor bloed: ons het dit nodig om te oorleef en as dit stil staan raak dit droog en vorm klonte.
  • • Wit – die Bruid van Christus, reinheid, die kleur van gebed, ontwaking.
  • • Pienk – nuwe geboorte (die baarmoeder), genesing en rus.
  • • Pers – eenheid, koninklikheid, onderskeiding.
  • • Geel – salwing, vreugde, oorwinning (turning lemons into lemonade)
  • • Oranje – die vuur van die Heilige Gees, kleur van wonderwerke.
  • • Reënboog kleure – God se verbond met ons, belofte.

 

Rose kan in bosse, of enkel gegee word. Kom ons kyk kortliks na getal simboliek:

  • • 1 – eenheid of uniekheid.
  • • 2 – samesyn.
  • • 3 – volledigheid.
  • • 4 – rigting, skepping.
  • • 5 – genade.
  • • 6 – die mens.
  • • 8 – nuwe begin.
  • • 10 – plig, toets waarin oorwinning gevind sal word.
  • • 12 – outoriteit, leierskap.

 

Hetsy ons droom van rose of dit gebruik in kunsstukke (skilderye, tafeldoeke, klere, ens.), is dit goed om die simboliek daaragter in ag te neem sodat ons kan verstaan as die Vader ʼn boodskap aan ons probeer kommunikeer, of as ons self ʼn boodskap kommunikeer deur van die spesifieke kunsvorm gebruik te maak.

  • Blogger - Gina van Staden

    Gina van Staden, vrou en ma van drie, se lewenservarings spreek boekdele. Sy is hoofsaaklik skrywer en profetiese skilder en is die stigter van die Christian Prophetic Artists in South Africa-groep op Facebook.
    Profetiese kuns werkswinkels en -kampe vorm deel van haar bediening en haar passie is om profetiese kunstenaars bymekaar te bring en ʼn ondersteuningsnetwerk te vorm.
    Jy kan haar blog hier lees: Skerpioentrapper

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.