Rut: Wanneer ons die verkeerde besluite maak

by Blogger - Velia Basson / Mei 15, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 295 mense.

“Maak nie saak hoe moeilik ons omstandighede mag wees nie, die veiligste en beste plek is binne die wil van God.”- Warren Wiersbe

Ons almal ken dit – ons wil God se seëninge hê, maar nie Sy dissipline nie.

Wanneer die lewe moeilik word en dit lyk asof verligting nie gaan kom nie, dan begin ons om rondom ons te kyk. Is die “gras groener" aan daardie kant? Verre lande en nuwe geleenthede lyk aanloklik wanneer ons wil wegvlug van die “hongersnood” in ons lewens.

Die boek Rut speel af gedurende die tyd van Rigters, 'n tyd toe Israel geen koning gehad het nie, en elkeen gedoen het wat reg was in sy of haar eie oë (Rigters 21:25).

Aan die begin van die boek Rut is Israel op een van hulle laagtepunte in die geskiedenis, want die Israeliete het geleef in ongeloof, ongehoorsaamheid, en net vir hulle self. As gevolg van hulle keuses het hulle nie die voordeel van God seëninge beleef nie.

Dit is in hierdie omstandighede dat ons sien dat Elimelek, Naomi se man, die keuse maak om sy familie van Betlehem na Moab te verhuis.  Elimelek het letterlik sy familie in die vyandsgebied laat intrek.

Hy het nie sy geloof geplaas in God en God se voorsiening nie, maar het inteendeel besluit om weg te trek van God se land van beskerming af en uit Sy wil uit.

Elimelek het besluit om sy lewe te leef deur sig, in plaas van deur geloof, en die gevolge was dodelik.

Deur hierdie verhaal sien ons dat dit steeds beter is om in die land van God se wil te wees – selfs wanneer jy dissipline en “hongersnood” ervaar – as wat dit is om verligting te soek buite Sy wil, terwyl jy probeer om te ontsnap van dissipline.

En ons verstaan dit, nê? Wanneer ons voel dat 'n ander land beter geleenthede kan voorsien, beter toekomste vir ons families bied, of wanneer ons verligting soek van die “hongersnood” in ons lewens, dan word ons in die versoeking gebring om God se beloofde land en Sy voorsiening te verlaat.

Ons word in die versoeking gebring om soos Elimelek te leef, gefokus op wat ons sien, eerder as op Wie ons vertrou.

Die land van maklik en oorvloed is altyd verleidelik wanneer ons moeg en honger is en verligting soek.

Van een vriendin aan 'n ander, wil ek jou graag bemoedig as jy onlangs soos Elimelek verlei is en die “land” waarin jy is, lyk asof dit 'n hongersnood beleef. Vertrou God. Bly waar Hy jou nou geplaas het en vertrou dat Hy jou behoeftes sal voorsien.

“God is teenwoordig reg waar jy is. Bly waar jy is en staan vas. Dit is altyd meer geseënd om onder die sorg van Sy wil te wees as enige ander plek.” – Kelly Minter 

  • Blogger - Velia Basson

    Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en  na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.