Rigting en ek

by Blogger - Hannelie van Niekerk / Mei 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 177 mense.

Wonder soms wie het ‘n pad kaart uitgedink.  Dit moet ‘n man wees... Ek raak diep verbouereerd as ek moet begin kaart lees... ek is nooit seker of die kaart of my kop onderstebo is nie. 

Ek voel dom… en dan skop die selfbeskerming meganisme in... die kwaad word... onredelik kwaad ... dis soos water op ‘n olie vlam ... ‘n ontploffing is onvermybaar... onkeerbaar.

Ek wil sommer enige ou se kop afbyt wat dalk ‘n opinie het oor waar ons moet ry... en my vermoë bevraagteken.  Al weet ek, ek het nie die vermoë nie.

Met vandag se karre wat GPS het gaan dit beter... maar ek moet sê die tannie irriteer my wese as sy ongeskik haar opinie lig as ek perongeluk nie geluister het waar presies sy nou wil hê ek moet afdraai nie... die uit die hoogte houding en sarkastiese  herberekening frase laat net my bloed kook.

Die ergste is as ek agter die stuur sit en ek is verdwaal… my bus het lekker oor sypaadjies gery.. maar die kar waarmee ek nou ry se lae profiel bande werk glad nie...Daar moet in elk geval ‘n verbod wees teen vroue om karre te koop met lae profiel bande... die linkerkant voor band kry te swaar... hy tref gewoonlik ‘n sypaadjie of iets dergliks met die soeke na die regte pad.

My beste truuk is as ek dink ek weet waar die plek is en op gevoel ry... die arme passasiers... dis dan wat die foon uitgepluk word nadat ek ‘n randsteen rond gery het... om ‘maps’ oop te maak.  Die hande wat bewe ... want ek sukkel  om die ding aan die werk te kry sodat ek kan hoor waar ek moet ry... dan werk die stem nie.. so ek is terug om die kaart te lees... dit is nou net kleiner en meer beknop...

  • Blogger - Hannelie van Niekerk

    Hannelie is 'n ma van 'n mooi tiener dogter en 'n boeta wat die lewe in hulle hande omvou. Ek is ʼn vrou vir een, my rots en my anker. Ek het ʼn ongeslypte liefde vir skryf. My kop vol woorde oor my ervaringe en hoe ek oor dinge voel, wat ek graag wil deel. Ek het onlangs begin blog by www.malkoppieterapie.com. Dit is my denke, my woorde, geskryf uit my hart.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.