‘n Brief vir my kind

by Blogger - Heidi Vos / Sep 01, 2017 / 1 Kommentaar / Gelees deur 301 mense.

My liewe kind vandag se lewe het soveel druk en hartseer en ek wens as jou mamma dat ek alles kan reg maak en weg neem, maar ek kan nie en ek as jou mamma moet jou leer om die lewe se harde tye te neem en lesse daaruit te leer.

Maar die belangrikste les wat mamma ooit vir jou kan leer is om altyd aan die voete van Jesus te wees en na Sy stem en raad te luister en nie na die wereld sin nie.

God het jou Uniek geskape met soveel gawes en talente en jy en jou maats gaan nie dieselfde dinge doen van hou of uitleef nie en dit is ok, want sien Jesus het die dag toe Hy besluit Hy jou gaan maak lank oor jou gedink en gedroom en Hy wat ons Koning van die Hemel en Aarde is het jou met Sy asem, liefde, omgee en Geduld aan mekaar gesit, met jou eie talente, jou eie naam, jou eie denke, jou eie persoonlikheid en jou eie “look”. Daar is net een van jou!!!!!!! Leef voluit in Sy liefde en leef ook so dat ander die Liefde en omgee van God in jou kan sien.

Jy is nog nie n rugby speeler nie maar n ongelooflike gimnas, jy kan dalk nog nie goed tackle nie maar jy het “ball sense” wat van jou ‘n amazing hokkie speeler maak. Jy kry nie vol punte vir al jou eksamens nie maar jy gee jou alles en beste en dit is al wat vir mamma belagrik is.
Weet as ek raas doen ek dit uit liefde, as ek baklei is dit meeste van die tyd omdat ek so baie vir jou omgee en net die beste vir jou wil he. Ja soms is mamma net moeg en ek is jammer daaroor en mag jy my vergewe.
Jou hartjie is klein en rein, jou glimlag breed en jou hartseer is vir almal. Jy voel met jou hele hart, en leef meet alles wat jy is, jou drukkies en laggies is mamma se krag elke dat jou hartseer is vir my soos stukkies van my eie hart wat elke keer breek vir jou pyn. Maar die lekkerste van als is die “mamma ek is lief vir jou en dankie vir alles” daai woordtjies maak n donker dag helder en soos n reenboog oor my.

Ek weet God het my as jou mamma baie lief want na Hy jou geskape het het Hy gedink en besluit dat ek die een is wie Hy vertrou om een van Sy kosbaarste engele groot te maak en te leer soos Hy my leer.
Daarvoor is mamma elke dag dankbaar.

Die lewe is nie altyd rooskleurig nie en soms is dit grys maar dis dan wanneer jy in jou stille kamer met God jou Pappa Vader moet praat en alles by Sy voete neerle. Hy sal jou lei deur Sy word wat jou krag sal gee, moet nooit opgee op jouself, op God of op die liefde wat jy vir ander het nie.

As maats jou hartjie seermaak smile en loop weg en vra Jesus om met hulle hartjies te werk sodat hulle kan besef die seer wat hulle aan jou en aan ander doen. Wees net altyd JY
Onthou jy is my Champ en God se Soldaat. Jy is so geliefd en jy is God se Warrior.

Met al my liefde
Jou mamma

 

  • Blogger - Heidi Vos

    Ek is ‘n geskeide mamma van ‘n 10 jarige woelwater seuntjie en Boekhoudster van beroep. Deur die jare heen het ek lief geraak vir skryf en is my lewenservarings my inspirasie. Deur God se liefde en genade, in goeie en slegte tye, het ek geleer om alles op papier neer te pen. Daar is so baie dinge waarteen ons kindertjies vandag gewapen moet bly om hulself te beskerm. Ek hoop dat ander mammas geïnspireer sal word deur my woorde. Ek hoop ook dat deur my ervarings en lesse ek ander enkel mammas, deur God se hand, kan raak, moed gee en laat besef dat alles op die ou einde sal uitwerk. Die lewe het ‘n kleurryke reenboog en ons moet elke dag die mooi en positiewe klanke, gebare en liedere hoor.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.