MEVROU DOEMINIE EN C-PTSD

by Blogger - René van Zyl / Jan 11, 2017 / 1 Kommentaar / Gelees deur 403 mense.

Min mense weet hiervan. Ekself is maar dom, maar toe tref dit ongenadiglik en vernietigend ’n vriendin van my. Complex Post Traumatic Stress Disorder. En sy knak.

Mens kan jou byna indink hoe erg is post-traumatiese stres a.g.v. verlies aan ’n geliefde, misdaad, ongeluk, ens., maar as die Komplekse deel bykom, is dit nog meer lewensgevaarlik. Dit het te doen met langdurige trauma (emosioneel/fisies) vanaf kinderdae in jou intieme verhoudings met naby-mense. En grootmens trauma ‘trigger’ hierdie trauma en maak dit kompleks (in my leke woorde). Ons Christene is mos grootgemaak dat jy net die Here moet vertrou en al jou probleme/trauma in Sy hande moet los. Hy is mos daar om ons te troos as ons hom toelaat. So maklik blykbaar vir party mense. So moeilik vir die meeste van ons gewone Christene.

Partykeer knak mense onder die druk van katastrofiese trauma. En hoe meer die trauma op mekaar hoop hoe sterker probeer mens wees. Ja, jy gaan vir sielkundige behandeling en vir medikasie en jy hou jouself met kreatiewe goed besig. Jy doen al die voorskrifte wanneer jy ’n angsaanval voel aankom: jy ‘ground’ jouself deur jou sintuie in te span, probeer die angs verklaar. Jy stap verwoed elke middag laat om die blok net sodat die angs jou nie in die huis vaskeer nie. Moet net nie knak nie. Dan is jy ’n swak Christen. “Toemaar ons bid vir jou,” of “Ruk jou nou reg,” sal meeste sê maar dit help niks. Jou brein is opgebruik, verward, bang, angstig, siek en fisies uitgebrand. Jy weet nie meer wat ’n tipiese ritueel soos bad behels nie. Watter seep nou weer vir hare en wat vir lyf? Jou brein voel wollerig en dof. En jy kry gedagtes van selfdood.

Ek was al daar kort nadat my seun 23 jaar gelede ernstige breinskade opgedoen het. Eenvoudige daaglikse take is te erg. Ek het dalk ‘genadiger’ daaroor gekom, of dalk steeds nie? Ek kan vandag sê: Wees genadig met mekaar. Almal dra sy pakkie trauma anders. Probeer verstaan en respekteer hulle gevoelens. Dit kan jou net so maklik tref, enige tyd.    

 

 

  • Blogger - René van Zyl

    René van Zyl is 'n oud-joernalis, skrywer (boeke, teater), blogger en kinderwerker. Sy skryf hoofsaaklik lekker interaktiewe kinderkerk materiaal, wat die Bybel van voor tot agter met geheueptrente of speletjies deurwerk. René is 'n regterbrein, buite-die-boks denker; getroud met 'n net so buite-die-boks predikant, Anton. Hulle het twee dogters, Michelle (21) en Chantal (18) en ’n breingestremde seun, Sean-Jacques (23). Hulle lang pad van trane, lag en genade het haar geleer om die lewe en sy reëls nie so ernstig op te neem nie.
    www.renevanzyl.blogspot.com
    www.bybelboekwurm.blogspot.com

kommentaar (1)

  • Besoeker (kommentaar)

    Hi Rene
    Amazing dat jy jouself so blootstel , maar nog meer amazing die inpak van jou skrywe die week oor c-ptsd en die invalshoek van jou eie ervaring as fondasie. My pa het aan maniese depressie , daar is seker ander beskrywings daarvoor gely agv c-ptsd en nader aan die my eie lewe met die toestand , kort om dit self te hê is genade , alhoewel , wetend of onwetend is ek van die opienie dat baie van ons tog die onsiigbare grens oorskry
    Groete
    Jurie

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA