Meer oor

Google is jou vriend! Of is hy? Die winkels is vol boeke oor dieselfde tema. Hoe sif jy goeie leesstof uit die magdom inligting wat vandag beskikbaar is?

Jou vriendin deel ’n skakel op Facebook na ’n elektroniese oefenprogram. ’n Geliefde skrywer twiet ’n interessante aanhaling uit haar nuutste boek. Soms lees jy die nuus aanlyn en ander kere google jy vinnige ’n resep as jy gaste genooi het. Maar hoe meer opsies, hoe moeiliker word dit om te besluit watter inligting geskik is, om nie te praat van al die gemors wat ook insluip nie.

Ons almal het al tydens ’n internetsoektog op ’n blog afgekom. Blogs is lankal nie meer net elektroniese dagboeke nie – dis ’n dinamiese manier om aanhoudend nuwe en goeie inligting te skep. Die Voelgoed-webjoernaal is ook nie anders nie. Hier word jy deel van ’n gemeenskap wat hulle geloof wil laat groei, fantasties wil voel, geïnspireer wil word en dieselfde Christelike waardes as jy aanhang.

Ons bied jou ’n splinternuwe Afrikaanse webjoernaal waar 40 nuwe stemme weekliks oor geloofskwessies, huweliksake, kinders, gesondheid en baie ander onderwerpe ná aan ’n vrou se hart gesels. Of jy nou saam met hulle lag of huil: Wees verseker van sinvolle leesstof met ’n Christelike waardestelsel!

Maak jouself gemaklik voor jou rekenaar of op die bank met jou slimfoon of tablet in die hand en kliek op voelgoed.co.za/blogs vir ’n leeservaring.

 

kommentaar (2)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.