Laat My toe

by Blogger - Letitia Pienewald / Mei 15, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 254 mense.

Gee My jou hart
En lewe
Gee My jou alles
Liefste kind

Dis al so lank
Wat Ek vra
Wanneer gaan jy
Sê ja

Begin asseblief jou weë
Neerlê
Begin asseblief vra
Na Myne

Alles liefste kind
Alles sal Ek nuut maak
As jy dit net wou glo
As jy net waarlik wou kom na My

Ek gee jou My hart
En lewe liefste kind
Kom spoor dit na
Kom maak seker dat jy My vind

Die groot spasie tussen ons
Wil Ek so graag oorbrug
Ek wil dit oorbrug
Hoe hoop Ek jy wil ook daaroor

Oor al die dinge van hierdie wêreld
Oor al die kommer en laste
Wil Ek hê Ek en jy moet oor
Asseblief liefste kind sal jy My toelaat

Toelaat om jou te help
Toelaat om jou te leer
Asseblief kom dan nou na My
En laat My toe

My liefste kind
Kom nou asseblief
Voor dit te laat is
Voordat jy sê maar ek moes

Nuut maak Ek alles binne-in
Nuut met die bloed van My Seun
Vra daarna
Lê neer julle weë

Ek kan net beter maak
Dit wat julle My gee
Maak asseblief oop julle seer
En weet Ek wil alles genees

Abba-Vader dankie
Dat U ons antwoord is
Dat U lewe gee daar waar dood heers
En dat niks soos U is

U is ons lewe
U is die oorvloed
Waarvan die Bybel praat
In U is alles wat mooi is opgesluit

Vra dan meer en meer na Hom
Liewe wêreld
Vra net meer na Hom
Hy sal julle leer

Hy sal julle lei
Hy is die Een
Wat veraltyd en veraltyd
By ons is

Maak Hom
Jou hele hart en lewe
Nooi Hom in
Sodat Hy waarlik Koning van jou kan wees

Laat My toe om waarlik in jou te leef
Moenie bang wees nie Ek gee jou rus
Die rus waarna jy nog altyd verlang
Lê alles neer wat ons twee skei.

  • Blogger - Letitia Pienewald

    Letitia Pienewald is ietsie oor die 30 jaar oud en gebore en getoë in Gauteng. Sy is in diens van die Here by die Anker van Hoop en King of Kings blogs. Letitia is lief vir die lewe en uitverkoop aan die Koning van alle konings. ‘n Hartewens is dat alle mense die perfekte liefde, goedheid en trou in God se hart elke dag meer sal ontdek. Sy is passievol daaroor om hoop aan ‘n gebroke wêreld te bring - haar lewe is immers ‘n getuigskrif van genade. Besoek Anker van Hoop op Facebook.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.