Jesus is God

by Blogger - Velia Basson / Oct 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 40 mense.

Jesus is die seun van God. Maar, Jesus is God. 

Een van my gunsteling verduidelikings hiervan is in 'n kinderboek deur Joanne Marxhausen, A Picture of God 3 in 1. Hierdie boek vergelyk God die Vader, Seun en Heilige Gees met die drie dele van 'n appel – die skil, die vlees en die kern. Die verskillende dele van die appel het verskillende doele en is uniek, maar hulle is almal deel van die appel. En, die appel is nie volkome as 'n deel nie daar is nie. Op dieselfde manier is die Vader, Seun en Heilige Gees almal afsonderlik, maar verweefde elemente van die een ware God.

Hoe weet ons dat Jesus God is?

• Jesus het veelvoudige kere genoem dat Hy God is:

“Ek en die Vader is een.” (Johannes 10:30)
 “Wie My sien, sien die Vader.  (Johannes 14:9)
 "Glo in my omdat Ek in die Vader is en die Vader in My.” (Johannes 14: 11)  
 “Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.” (Johannes 13:13)

• Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas...” (Hebreërs 1:8)

• God sê dat die engele Jesus moet aanbid (Hebreërs 1:6). En die Woord is baie duidelik dat net God aanbid moet word (Eksodus 34:14, Deuteronomium 8:19).

God het waarlik onder ons gewandel. Alhoewel dié van ons wat vandag leef nie vir Jesus fisies sal sien totdat ons hemel toe gaan of tot Hy weerkom nie, dra die voorbeeld wat God gekies het, steeds Sy egtheid oor. Ons leef in 'n wêreld waar ons so besig is dat ons aandag konstant afgetrek word. Ons is permanent met mekaar in verbinding, maar tog nie werklik betrokke nie. Maar God, wat in beheer is van elke besonderheid in die heelal, is nie afgelei of onbetrokke van Sy skepping nie. Hy het nie 'n intern of 'n teksboodksap gestuur nie. Hy het self opgedaag en het geleef saam met Sy mense. Aan hierdie kant van die kruis, het ons God se hele Woord om ons te lei, En, as ons gelowiges is, het ons ook die Heilige Gees wat permanent in ons woon om ons te help lei (Romeine 8:26). 

Jesus was ten volle man en ten volle God. Ons reaksie daarop moet ontsag, verwondering, nederigheid en bemoediging wees. God het genoeg vir die mensdom omgegee dat Hy 'n deel van Homself gestuur het om te onderrig, en uiteindlik 'n onregverdige dood te sterf om vir ons sondes boete te doen. Jesus het elke versoeking ervaar en het elke emosie wat ons as mense ken, diep ervaar.

Ek dink dat ons te dikwels aan God dink as 'n tugmeester, wat ver weg op 'n troon sit. Die beeld wat meer waar is, is 'n teenwoordige, saggeaarde, genadige Vader. Hy sien ons deur die lens van Jesus, losgekoop en gereinig.

Ons God sien ons. Hy ken ons. Hy is ten volle bewus van die potensiaal wat ons het vir Sy koninkryk, en die beperkinge van ons menslikheid, en Hy ontmoet ons daar.

  • Blogger - Velia Basson

    Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en  na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.