Hoekom is afskilfering so belangrik ... veilige wenk!

by Blogger - Hanli Botha / Jun 26, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 376 mense.

‘n Warm bad en die  snoesige winter vesels teen die vel voel weer wonderlik en knus om die winter in ons hart op te beur.

Maar in Suid Afrika hoor ons gedurig.... my vel is droog,maak nie saak watter vel tiepe jy het nie.

Nog ‘n sigbare teken is soggens wanneer jy grimmering aanwend ,ekstra fyn oppervlakkige plooitjies en soms droogheid daarmee saam word opgemerk... dit is gewoonlik die eerste tekens van dehidrasie a.g.v omgewings faktore soos wisselende temperature.

Dit is ongelooflik belangrik om ten minste 1 x per week afskilfering te doen.

Die rede is dat ons boonste vellaag (epidermis) bestaan uit plat,dooie selletjies wat met ‘n protein gom gebind is en gedurende die winter sien ons makliker die skilfer effek,asook growwer vel tekstuur a.g.v  omgewings faktore en dehidrasie van die vel.

Dit neem ongeveer 30 dae vir ‘n lewendige sel in die dermis (ware vel) om deur die proses te gaan om op te beweeg na die boonste vellaag en ‘n harde keratien lagie te vorm .Dit is in kort die proses van velvernuwing,asook een van die belangrikste redes waarom afskilfering ‘n noodsaaklikheid is indien jy ‘n sy sagte vel,fyn tekstuur en ‘n natuurlike gesonde voorkoms verkies.

Die vraag op almal se lippe is altyd watter produk is die veiligste,want persone met ‘n sensitiewe en dun vel is baie sku vir die woord afskilfering.

Raad: die nuutste en veiligste tegnologie dui steeds daarop dat vir tuis gebruik , ensiem afskilfering veilig is vir enige veltiepe,selfs sensitiewe veltiepes en aknee .Hannon Enzyme skin peeler bevat papain (papaja) en brommelien (pynappel) ensiem ekstrak wat veilig,maar aktief die protein gom los maak tussen die dooie selletjies om die growwe vel tekstuur te verfyn,daarna dieper in die vel penetreer en oormatige sebum wat in poriee opbou ook op te los en vorming van swart koppies en aknee te behandel en te voorkom.Pigmentasie (melanin granules) in die boonste vellae word afgeskilfer tydens behandeling en pigmentasie vertoon onmiddelik ligter.Gereelde Ensiem afskilfering is dus 'n aanwins om stelselmatig die pigment vlekke op te breek sodat nuwe selle die dooie pigment granules kan herstel.

Tydens die ensiem afskilfering proses word die vogbalans tussen die selle en die vel oppervlak (epidermis) se natuurlike olies nie versteur nie.

‘n Koel tintelende sensasie kan op die vel ervaar word,veral op die droe gedehidreerde areas.Maar na ongeveer 1 minuut begin die vel kalmeer en die aktiewe werking van ensieme penetreer deur die vellae.

Sonder om growwe korrels  in te vryf en die vel seer te maak is die eindresultaat na 5  min ‘n gladde tekstuur,poriee vertoon onmiddelik fyner en die vel vertoon natuurlik, gesond en glansend .

Indien jou vel probleem  pigmentasie  ,vergrote poriee of aknee letsels is,sal ek aanbeveel dat jy selfs 2 x per week afskilfer om selvernuwing te versnel.

Geniet hierdie winter ‘n gesonde sysagte vel en voorkom met hierdie maklike stap ‘n krokodil velletjie.........

  • Blogger - Hanli Botha

    Hanli Botha is 'n gekwalifiseerde skoonheidsdeskundige met 22 jaar ondervinding in die skoonheidsbedryf. Sy Spesialiseer in velsorg en grimering. Sy is ook 'n Seta Assessor: Opleiding van studente, salonne en Aestetiese klinieke. Dit is my passie om elke student, terapeut en kliënt toe te rus met kennis en selfvertroue. My lewensuitkyk is as jou drome jou nie bang maak nie, is hul nog nie groot genoeg nie. Die Liewe Vader het ons pad vorentoe klaar beplan, bly positief en werk hard aan jou drome. Instagram: HanliBotha Facebook: Hanli Snyman Botha

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.