Gewig verloor... Hoekom so moeilik?

by Blogger - Marlene Boonzaaier / Mar 24, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 3626 mense.

Dit is nou vir julle 'n baie goeie vraag...  hoekom lyk dit altyd na so 'n onmoontlike taak om net 'n paar ekstra kilogramme af te skud? 

Veral as jy alreeds ʼn gesonde lewenstyl handhaaf en getrou oefen, asook jou regte kwota water drink elke dag...

Dit het my ʼn bietjie gaan laat ondersoek instel na moontlikhede van wat die oorsaak kan wees en so het ek toe afgekom op een oorsaak wat die meeste van die tyd misgekyk word.  Dis die hormoon Leptien.

Leptien word afgeskei in die liggaam deur selle wat verantwoordelik is om die energie vlakke en liggaamsgewig te balanseer.  Dit stuur ook boodskappe aan die brein sodat die brein kan weet hoeveel voedingstowwe die liggaam nodig het.  Leptien help ook om die vetverbrandings proses in die liggaam te stimuleer sodat die liggaam meer vet kan omskakel in energie wat dan opgebruik word in plaas daarvan dat dit in die liggaam gestoor word.

Nou indien die hormoon nie reg afgeskei word nie, met ander woorde, as die leptien vlakke in die liggaam te hoog bly dan kan die persoon weerstand opbou teen die hormoon en sodoende kry die brein nie die regte boodskappe om die metabolisme op te stoot en die liggaam in kennis te stel dat hy nie meer voedingstowwe nodig het nie.

Die mees algemeenste tekens van leptienweerstandigheid is die volgende:  gewigstoename, kosdrange, ooreet as jy baie stres ervaar, middernagtelike peusel, hoëbloeddruk, vind te moeilik om aan die slaap te raak of aan die slaap te bly, angstigheid, geen motivering om dinge te doen wat voorheen vir jou lekker was nie, moegheid  om maar net ‘n paar te noem.

Nou het een van die oorsake opgespoor.  Hoe nou gemaak met ‘n oplossing?

Wel, die eerste stap wat geneem moet word is om sekere kosse uit jou dieet uit te sny en daardie kosse sluit in:  kosse hoog in vet, kosse hoog in suiker en  oormaat van stysel .

Die volgende stap is om kosse in jou dieet in te sluit wat hoog is in vesel en proteïne, hoë kwaliteit gesonde vette wat gewoonlik verkry word in avokado’s, klapper, neute en botter en dan ook Omega 3 vette en olies wat verkry word in kosse soos Tuna en ander vis.  Daar is ook vele aanvullings op die mark wat geneem kan word om te sorg dat jy die regte hoeveelheid Omega 3 olies kan inkry.

Baie belangrik dames, bly asseblief weg van geprosesseerde kos...  Al is dit hoe gemaklik en lekker om te eet, dit bevat ongelukkig baie min gesonde voedingstowwe.

Saam met die regte oefenroetine en genoeg slaap,  behoort die liggaam gou vanself sy leptienbalans te kan herstel.  Te min slaap dra ook by tot Leptienweerstandigheid.

Hiermee saam dames, hoop ek hierdie inligting gee julle ‘n bietjie meer hoop in die stryd om gewig af te skud en dit af te hou.

LYK MOOI VOEL MOOI GROETE TOT VOLGENDE KEER

  • Blogger - Marlene Boonzaaier

    Marlene Boonzaaier het haar eie skoonheidsalon in Sasolburg. Na skool het sy 'n skoonheidskursus gevolg by die Harrieth Jane Skoonheidsakademie in Potchefstroom. Daarna het sy onder andere vir Steiner Transocean aan boord van die Veendam gewerk, waar  sy waardevolle ondervinding opgedoen in skoonheid sowel as alle spabehandelings en massering.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.