Ek kyk op na jou...

by Blogger - Marize Hayes Barnard / Nov 30, 2016 / 1 Kommentaar / Gelees deur 2226 mense.

Dis ʼn tydperk en die meeste mense sien dit as ouderdom. Ek aan die anderkant sien dit as geluk en nog vele meer.

Sien, ons weerhou ons van ons eie drome, want ons sien die getal, maar wat as dit net ‘n nommer was? Wat as die lewe net ‘n siklus is wat nooit ophou nie, want hou dit ooit op?

Ek plant kosmosplantjies waar ek gaan en ek sing in die stort as ek moet. My lewenswyse van vreugde herhaal dit self in die woude van tropiese seisoene. Ek wonder of liefde werklik liefde is as ons dit die heeltyd soek, maar nie voel nie… Dan weet ek weer dat jou hartklop nooit sal ophou nie. Die duet wat God speel, klink soms anders as ek dit sing, maar steeds maak dit so baie sin.

Lekker lawwe lagboeke en oumens stories word ‘n leefstyl, tiener liefde en soene vanaf oumas verskil tog, dan nie? Die gejaag na sukses gaan jou vashou totdat jy oorgee, want sien, jy wil die beste vir jouself hê, maar jy vergeet wat beter is vir jou. Jy los ‘n merk daar waar niemand loop nie en dan, dan huil jy want jy weet nie of jou lewe volmaak is nie...

Kom ek vertel

Die God binne jou is die volmaaktheid van jou menswees. Jou koers is rigtingloos sonder ‘n Lewenskompas. Die hartseer is, ons besef dit eers wanneer ons verlore is. Jou lewe is jou uitdaging om ‘n verskil te maak.  JOU HART MOET NET DIE RITME VOLG!

Die liefde sal jou vind, God sal sorg my kind.

Op die ou einde is dit nie net jy nie, dit is jou liefde, jou keuses, jou motiewe, jou leefstyl, jou God en jou menswees.

Ek kyk op na jou!

Jy, ja jy wat strate vee en “amazing grace” sing terwyl jy werk. Ek kyk op na jou wat in ‘n kantoor sit en werksgeleenthede skep. Ek kyk op na jou wat by ‘n universiteit is en jou lewe ontwikkel. Ek kyk op na jou wat in hospitale werk en lewens red.

Maar die belangrikste…

Ek kyk op na jou wat jou droom uitleef en verlief is op die lewe. Liewe mens, ek kyk op na jou omdat jy net jouself is.

  • Blogger - Marize Hayes Barnard

    Ek is ‘n dagdroom dame, ‘n doodgewone voshaarnooi sonder enige pretensie. Ek waardeer die mooi en die seer in die lewe, want tog is dit waar kosbare oomblikke veilig weg gebêre word. Ek bly in Swellendam, die mooiste dorp in die wêreld. My hart is om liefde te gee, om lewens te verander en God met onvoordelike liefde in verwondering LIEF te hê. My skrywe is doodgewoon geïnspireer deur my Skepper.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.