Blogger van die week - Reshane Viljoen

by Blogger - Reshané Viljoen / Jan 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 1762 mense.

Reshane motiveer en inspireer vroue om hul volle potensiaal te bereik. Sy het 'n hart vir vroue en dit word weerspieël in haar blogs vol praktiese wenke en raad.

Waar en hoekom het jy begin blog?

Ek het die waarde van n goeie mentor in my eie lewe besef.  ‘n Medegelowige wat jou kan ondersteun en motiveer wanneer jy dit die meeste nodig het. Ek wil graag my reis as Christen deel met elke werkende vrou en deur my blogs, hopelik die nodige ondersteuning en motivering bied aan elkeen.

Beskryf jou blog...

My blogs handel meestal oor inspirerende boeke wat ek gelees het, my mentor se raad wat ek handig gevind het, of persoonlike lesse waaruit ek geleer het.

Wat geniet jy die meeste daarvan om ‘n blogger te wees?

Ek geniet die terugvoer van lesers die meeste. Net om te weet dat ek deur my woorde iemand kan motiveer om ʼn vol lewe te lei maak my ongelooflik gelukkig. Ek voel nader aan God na elke blog wat ek skryf. Dis ʼn ongelooflike geseënde reis saam met Hom.

Het jy enige toekomstige doelwitte vir jou blog?

My toekomstige planne met my blog is om weer hoop aan elke vrou te gee. Dalk kan ek genoeg groei deur my ondervinding as blogger om later as mentor ook op ʼn persoonlike vlak ondersteuning te kan bied.

Wat was jou gunsteling blog wat jy nog ooit geskryf het en wat jy graag sal wil hê mense moet lees?

Vreesloos was beslis een van my heel gunsteling blogs. Dit was die eerste blog wat ek geskryf het op my nuwe lewensreis om myself te ondek en te aanvaar net soos ek is. Die laaste jaar het ek aan myself bewys dat ek werklik enige iets kan doen of bereik deur Christus Jesus se liefde en krag.

Watter blog van jou het die meeste reaksie gekry?

Vreesloos was toevallig ook my eerste blog aan Finesse en het die meeste reaksie en terugvoer gekry.

  • Blogger - Reshané Viljoen

    Professionele Modeontwerper, skilder en besigheidseienaar van Business Women Network. As vrou het ek ondervind dat die pad na sukses stresvol, tydsaam en soms alleen voel. Daarom is my grootste passie om ander vrouens te inspireer, te motiveer en te ondersteun. My besigheidsblad deel graag professionele raad, kennis en besigheidsondersteuning. Dit bied ook ‘n veilige platform aan vrouens om hulle aan te moedig om hulle volle potensiaal te bereik. Volg gerus my Facebook blad, Business Woman Networking Group of webtuiste www.businesswomannetworkgroup.co.za

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.