Basiese Christenwees "checklist"

by Blogger - Janine van Niekerk / Oct 09, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 800 mense.

Liefste Christen. 

Het jy nog die basiese goed in plek wat jou verhouding met die Here gesond hou?

Hierdie riglyne het niks met wetties wees uit te waai nie, dis uit liefde vir die Here dat hierdie hartsgoed in plek bly...  Kom ons weeg onsself dikwels, sodat ons Sy LEWE kan bly ervaar.

Vra jouself:

1) Verlang ek nog na die Here soos 'n hert smag na waterstrome?  Het ek Hom nog lief met jou hele hart, hele siel, hele verstand en met al my krag?

2) Spandeer ek nog daagliks tyd in Sy teenwoordigheid?  Mediteer ek op Sy Woord en spandeer ek tyd met Hom in gebed?  Soek ek nog Sy wil en Sy hart?

3) Is daar enige sonde wat tussen my en die Here staan wat my vrymoedigheid in Sy teenwoordigheid steel?  (Indien wel, bely dit opreg en word skoongewas - vrede is die teken dat dit weg is).

4) Is ek nogsteeds in 'n plaaslike gemeente ingeskakel sodat ek nie die gemeenskap van die gelowiges afskeep nie.  Dis vir God BAIE belangrik.

5) Wat het God vir my op hierdie oomblik gegee om mee te dien?  (talente, geld, geleenthede?)  (Om my naaste lief te hé soos myself)

6) Is ek nogsteeds 'n vreugdevolle gewer?

7) Reflekteer dit wat uit my mond uit kom al die bogenoemde?  (want wat die hart van vol is loop die mond van oor). Klink ek nog soos Sy kind?

Drie ekstra vir ouers:

7) Is ek nog besig om self my kinders groot te maak in die weë van die Here?

8) Het ek nog my vrou lief soos Jesus die kerk liefhet.

9) Vrouens - onderwerp ek myself nogsteeds aan my man?

Onthou die Heilige Gees sal jou self onderrig en herinner aan wat belangrik is en watter rigting jy volgende moet gaan, so mag hierdie basiese goed jou geestelike oë en ore oophou om wakker te wees as Hy Sy rigting gee ;-)

  • Blogger - Janine van Niekerk

    Janine van Niekerk is 'n media evangelis, getroud met Cecil van Niekerk en ma van Paul en die tweeling, Elmien en Leilah. Sy is 'n gospelmusiekkundige, bestuurder van Retief Burger, omroeper by Radiokansel 657AM, betrokke by verskeie eenheidsbewegings en baie aktief in media; wat verskeie radiostasies, TV, skryfwerk en sosiale platforms insluit. Aangename Kennis, Here is deur haar gepen en sy het ook 'n hoogs suksesvolle uitreik CD, die StuurwielStories, anoniem opgeneem, waar die Agies basiese radikale Christenskap ontdek.

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.