Voelgoed.co.za word ’n app!

Wil jy net méér en méér deur jou gunstelingtydskrif geïnspireer word? Die nuwe, gratis Voelgoed-app ontsluit ’n ander wêreld vir Finesse en voelgoed-inhoud!

Die gratis Voelgoed-app bied ’n hele tydskrif op jou slimfoon of tablet – oral waar jy gaan. Jy hoef nie meer te wag dat die webblad laai nie. Die app laai in ’n sekonde, en dan het jy toegang tot meer as tien nuwe artikels, elke dag!

Méér as net ’n digitale tydskrif

Met hierdie app kry jy dieselfde inspirasie en tipe artikels as in Finesse, net met méér interaktiewe funksies! Jy mag dalk selfs nuwe inhoud vind wat jy nie gedink het bestaan nie.

Lees die varsste nuus, kry inspirasie by jou gunstelingbekende of loer na ’n paar leefstylwenke. Verlustig jou in die nuutste tegnologie en die verskeidenheid interaktiewe media. Kyk ’n video, luister na ’n oudio-opname of kry kreatiewe selfdoenraad.

Dié app vergemaklik jou lewe

Begin jou dag reg met ’n Bybelvers en oordenking, sowel as inspirerende woorde van bekendes om jou te motiveer om jou beste self te wees. Tegnologie vereenvoudig jou lewe. Jy kan jou tyd in die dokter se wagkamer of terwyl jy vir die kinders by die skool wag goed benut!

Die Voelgoed-app sal in September beskikbaar wees vir Apple- en Androidtoestelle.

lyn_3.png

Laai die app af by voelgoed.co.za en staan die kans om een van 50 Finesse-subskripsies vir ’n jaar te wen.
Vul jou besonderhede onder in en kliek op die STUUR knoppie.

Website Security Test