1. Niçoise-slaai

Genoeg vir 4

BESTANDDELE

3-5 groenboontjies
1 eier
2 kersietamaties
2 olywe
4-5 kappertjiesade
gemengde slaaiblare
60 g tunafilette
sout na smaak
vars suurlemoensap

METODE

1 Was en blansjeer die groenboontjies in gesoute kookwater en verfris dit dan in yswater.
2 Kook die eier 6-7 minute lank, laat afkoel en sny in die helfte deur.
3 Sny die tamaties en olywe in die helfte en dreineer die kappertjiesade.
4 Spoel die slaaiblare goed af en druk droog met papierhanddoek.
5 Skroei die vis aan albei kante in ’n warm pan en geur met ’n bietjie sout en vars suurlemoensap.
6 Bedruip die slaaiblare met Niçoise-slaaisous voordat jy dit op die borde skep.

Niçoise-slaaisous

BESTANDDELE

15 ml Dijon-mosterd
1 ml sout
3 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml olyfolie
125 ml sonneblomolie
80 ml witwynasyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 salot, fyngekap
15 ml pietersielie, fyngekap
30 ml droë witwyn
’n knippie marjolein
’n knippie dragon

METODE

1 Plaas die mosterd, sout en knoffel in ’n bak en room dit saam. Klop die olies stadig by totdat jy ’n emulsie verkry het.
2 Voeg die asyn by terwyl jy aanhou klop.
3 Voeg die geurmiddels na smaak by, en meng dan met die salot, pietersielie, witwyn, marjolein en dragon.

Website Security Test