Vetvry en viets! - dieetwerkswinkel

Is jy moeg vir kitsdiëte en om skuldig te voel oor elke ding wat jy eet omdat jy nie gewig verloor nie? Dan is hierdie dieetwerkswinkel vir jou!

Wat van ’n dieetwerkswinkel wat nie net die simptome van oorgewig bespreek nie, maar die hele oorsaak behandel sodat jy vir altyd vetvry kan wees?

Die Vetvry en viets-werkswinkel is bedoel vir die vrou wat gewig wil verloor en dit wil afhou. Dis vir die een wat radeloos is omdat haar eetplan en oefenprogram nie werk nie. Dis ook vir die vrou wat weer mooi wil lyk en voel.

Die werkswinkel bied ’n vars, nuwe benadering tot gewigsverlies en sal jare se vrae uiteindelik beantwoord!

lyn_3.png

Wie tree almal op?

ELMA POSTMA
  Elma Postma Hoe ek die hardnekkige
5 kilogram afgeskud
het en af hou.
 
LINDA KRIEL
(fiksheidskenner)Linda Kriel'n Leefstyl wat verseker
dat jy nooit weer vet
word nie.
 
KOBUS NEETHLING
(breinkenner)Kobus NeethlingKry jou kop reg, breek
met slegte gewoontes en
bereik jou doelwitte!
 
CHRISTA NORTH
(dieetkundige)Christa NorthWatter eetplan werk vir
wie? Is dit jou gene wat
jou vet maak?
GERDA SCHOLTZ
(mediese dokter)Gerda Scholtz’n Vinnige, veilige
manier om meer as 20
kilogram te verloor.
ANNELIZE GELDENHUYS
(mediese dokter)Annelize Geldenhuys’n Vinnige, veilige
manier om meer as 20
kilogram te verloor.

lyn_3.png

DATUM: Saterdag, 1 April
PLEK: Idle Wild Country Estate (Irene/Olifantsfontein)
TYD: 08:00 – 15:30
KOSTE: R995 per persoon, slegs 100 besprekings!
INGESLUIT: die boek, 101 dinge om te weet vóór jy dieet (R120)
+ ’n jaar se intekening op Finesse (waarde R341,10)
+ gratis InBody-skaaltoets, wat jou liggaamsbou analiseer en persoonlike raad gee om gewig af te skud (waarde R200) 07:00 tot 08:45 en na afloop van die konferensie tot 18:00
+ bring ’n vriendin GRATIS saam en betaal slegs vir die ekstra middagete (R100)

Kaartjies is ongelukig uitverkoop.

lyn_3.png

 

 

Geborg deur Slender Wonder.
Slender Wonder

 

 

PROGRAM   TEMAS SPREKER
08:00  Registrasie     
8:30-9:00    Hoe ek daardie hardnekkige 5 kilogram afgeskud het, en af hou.  Elma Postma
9:00-10:00  Sessie 1  Kry jou kop reg, breek met slegte gewoontes en bereik jou doelwitte!  Dr Kobus Neethling
10:15-11:15 Sessie 2  ’n Vinnige, veilige manier om meer as 20 kilogram te verloor.  Anneliza Geldenhuys/Gerda Scholtz
11:30-12:30 Sessie 3  Watter eetplan werk vir wie?  Dr Christa North
12:30-13:15 Middagete     
13:15-14:15 Sessie 4  Is dit my gene wat my vet maak en hou?  Dr Christa North
14:30-15:30  Sessie 5  'n Leefstyl wat verseker dat jy nooit weer vet word nie.  Linda Kriel

 

Website Security Test