Nes jy is ek ook ’n vrou met ups en downs op haar lewenspad. My rys brand ook vas. Ek baklei ook oor die leë Jack Daniels-bottel en die toiletflap en die nat handdoeke op die grond. Ek wil graag die soetgoed van my siel met jou deel.
Eerste wenk: As jy “af” voel, reik uit! Bak ’n appeltert of koop ’n bos goudgeel sonneblomme en gaan gee dit vir iemand wat nog swaarder as jy kry. Daar’s altyd iemand.
Op hierdie webwerf wil ek graag hoor van jou blydskap en jou pyn. Ek wil hê ons moet mekaar ondersteun en ophelp as die son die dag nie wil skyn nie!
Kom ons lig ons teekoppies, koffiekopies of sjampanjeglase op al die gratis soetgoed vir die siel!
Al my liefde, Susan x
![]() |
Raai die Titel van Susan se 3de roman! | |
|
Susan Coetzer het pas klaar geskryf aan die derde roman in haar uiters suksesvolle Vir die siel-reeks. Raai die titel en jy kan met ´n groot prys weg stap! lees meer...>> |
||
![]() |
Net-vir-die-Girls Bootreis! | |
|
Kom vaar saam met Susan en die FINESSE-span op ´ die MSC Sinfonia 16-19 Maart 2012.
Lees meer...>> |
||
![]() |
Susan by Voelgoed Ekspo 2012 | |
|
Woon Susan se gratis werkswinkel - Smarties vir die Siel by, by die Voelgoed Ekspo, Saterdag 3 Maart!
lees meer...>> |
Is jy excited oor jou lewe? Oor jou werk, jou verhoudings, jou potensiaal?
Of is jy negatief en opgestres?
Dan is Susan se werkswinkel net wat jy nodig het. Kom ons lag ’n slag!
Kom ons wys dat ons siele kleurvol kan bly …
<— Kliek hier
Gedurende 2011 het ek byna uitgebrand. Ek het soos ‘n rot op ‘n treadmill aanhou optree as spreker, nadat ek die onverwagse skok van my ma se dood ontvang het. Daar was nie tyd vir tydlose rou nie. Ek moes die onverwerkte seer in my ronddra, sonder om te ... lees meer >>
Susan Coetzer het pas klaar geskryf aan die derde roman in haar uiters suksesvolle Vir die siel-reeks. Die boek word 16 Maart bekendgestel. Jy het die kans om te raai wat die titel is en met ’n groot prys weg te stap!
Susan is ’n bekende skilder, joernalis en rubriekskrywer van ... lees meer >>
DIS 2012!!! Hoe gaan dit met jou? Hoe voel jy as jy terugkyk. En hoe voel jy as jy vorentoe kyk? As ek oor my skouer loer besef ek 2011 was ‘n moeilike jaar vir my – dalk die heel moeilikste jaar van my lewe sover. Ek het my ma verloor, net ... lees meer >>