Stylwenke vir petite dames

Aletté Winckler kies vir Simoné Nortmann pragtige klere wat haar sagtheid, fynheid en sterkte na vore bring, al is sy so ’n petite dame.

WENKE:

•  Koop by plekke wat in petite klere spesialiseer, soos Edgars of aanlyn by ThePetiteShop.com.
•  Volg die reël van derdes. Moenie uitrustings dra wat jou lyf in die helfte verdeel nie. Die romp met sy hoë middellyn wat langer as die bolyf is, werk goed hiervoor.
•  ’n V-hals bly ’n wenner as jy langer wil lyk.
•  Dra monochromatiese kleure (kleure wat baie na aan mekaar is) en vermy baie ontwerpe en verskillende kleure bymekaar.
•  Steek jou bloese en hemde in. Dit sorg dat jy nie onder lae klere wegraak nie.

kommentaar (1)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.