Die regte aanddrag vir ’n voller figuur

1 Augustus 2013

As jy soos meeste vroue nie die rietskraal figuur van ’n supermodel het nie, kan dit jou hoofbrekens besorg wanneer jy formele drag vir ’n aandfunksie moet aantrek.

Daar is maklike riglyne wat jy kan volg om ’n vleiende aandrok te vind. Daleen modelleer hier ’n aandrok vir ’n voller figuur.

  1. Die materiaal van die regte uitrusting is nie te styf, dik, blink of klewerig nie. Effense rekbaarheid is goed asook vloeiende materiaal wat smaakvol om jou kurwes vou. Te stywe of getekstureerde materiaal asook materiaal wat blink, sal jou groter laat lyk as wat jy regtig is terwyl materiaal wat so styf sit dat dit elke rolletjie ontbloot is, jou nie enige gunste bewys nie. ’n Mat kleur absorbeer lig, lyk donkerder en is dus verslankend. Hou die blink details op jou bykomstighede soos jou handsakkie.
  2. Ondersteuning vir jou liggaamsbou is deel van die regte uitrusting se ontwerp. Dit kan details in die snit van die rok wees soos stewige bande oor die skouers en insetsels om vorm en ondersteuning aan jou borste te gee. Of ’n rekpaneel oor jou maag of ’n korsetstruktuur wat jou bolyf langer, slanker en meer kompak vertoon. Verder laat vertikale details jou langer en jou heupe smaller lyk.
  3. Jy mag maar ander kleure behalwe swart dra. Gooi die reël dat slegs swart jou maerder laat lyk, by die venster uit. Swart is veilig maar ook bietjie voorspelbaar. As jy donker skakerings van helder kleure dra sal jy dieselfde verslankende effek as met ’n swart aandrok kry.
     
2.jpg 1.jpg

Daleen is mooigemaak deur Hannon Bothma vir sy Glam Guru TV-program op Kyknet en haar mode stilering is gedoen deur die Finesse leefstylspan.

Geskryf deur Ryno Mulder

0 kommentaar oor "Die regte aanddrag vir ’n voller figuur"

Lewer Kommentaar

Filtered HTML

  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <blockquote> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

Plain text

  • No HTML tags allowed.
  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Lines and paragraphs break automatically.
CAPTCHA
Sleutel die antwoord in op die som wat vertoon word.
1 + 19 =
Sleutel die antwoord op die vraag in.
sign up bonus for blackjack us online casinos sign up bonuses play slots machines online play online slot casinos http://asb.cgiar.org/Gen2/about_us/mastercard-casinos.html casino accepting mastercard http://asb.cgiar.org/ reputable online casinos casino slot machine download online casino slots