Reëls

•    Skryf in SLEGS 150 woorde hoekom jou man verdien om die Manlief van die Jaar 2010 te wees. (Alle inskrywings langer as 150 woorde sal
gepenaliseer word.)
•    Skryf die volgende inligting bo-aan jou inskrywing:
•   Jou man se naam, van en ouderdom, jou naam, hoeveel jaar julle getroud is en van watter dorp julle kom. Gee beide julle selfoonnommers.
•    Julle MOET wettig getroud wees.
•    Die sluitingsdatum is 15 Februarie 2010.
•    Die beoordeling sal deur ’n span onafhanklike beoordelaars en lede van FINESSE se redaksie gedoen word, en daarna sal lesers stem.
•    Die 10 finaliste sal in die Mei 2010 uitgawe bekend gemaak word. Lesers sal dan die geleentheid kry om per sms vir hulle wenner te stem. Stemme sluit op Donderdag, 9 April.
•    Die beoordelaars se beslissing oor die finaliste is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die lesers se stemme sal die finale deurslag gee.
•    Die wenner en sy vrou sal ’n romantiese tweede wittebrood wen. Die detail van die prys sal in ons Mei 2010 uitgawe bekend gemaak word.