Ali Chris Brown

My man is seker 20cm langer as ek (en ek is maar ‘n skrale 1, 53 m). Hy is nie een van die langste mense nie, maar as ek na hom kyk sien ek ‘n reus. Hy is een van die sterkste en mooiste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Is dit sy sagte, passievolle oë? Sy goedhartigheid teenoor ander? Sy “easy-going” vertroue in homself?

Die standvastigheid wat hy uitstraal weens sy vertroue in God? Of die sterkte van sy karakter in ‘n kultuur waar daar min of geen intergiteit is nie? Dis al die en nog meer. Hy’s  my beste vriend.

En in sy oë is ek die “hottest” en die beste. In die sprokiesverhale waar die prins en prinses altyd “happily ever after” leef, leef ek elke dag my gelukkige einde uit en dank ek God dat Hy my  gesëën het met my man.