Jakkie Mellet

Direk na ons wittebrood, moes ons die Kaap vir Mpumalanga verruil, ons wou ons kinders op ? plaas grootmaak. Ons eersteling was prematuur en dit het soms bloedsweet gegaan omdat ons ouers vêr was. Toe tree my held in…my man. Jakkie is geduldig en help waar hy kan. Jakkie leer ons kinders perdry. Ons werk saam en steeds koester en waardeer hy my.

Boonop laat hy my saam met my vriendinne in die Kaap vakansie hou, terwyl hy die kinders oppas. Jakkie antwoord altyd sy selfoon as ek bel. My man is ongelooflik!?