Janco Vorster

Jou troudag – jy besef nie werklik watter enorme impak hierdie dag op die res van jou lewe gaan hê nie.  Jy staan in jou mooi rok langs jou mooi man vol drome……

Na ‘n opehart operasie op 5 jaar het Janco se gesondheid geskommel van angsnagte en vreugdes ‘n vergrote hart en skokbehandelings, maar hierdie “siekte” was nog net ‘n bedekte seen.

Hy is ons  kinders se “hero”,  ek moet gedurig raas  oor die speletjies wat nie wil ent kry nie. Hy dra ons op sy hande, oorlaai ons met sy liefde.  Hy bedien ons met koffie, trek die gordyne oop en wil weet wat doen ons vandag?

Hy omhels die lewe – gryp die dag, maar is nooit ver van sy gesin nie – ons is deel van alles!

Ek is gedurig bewus van sy stille krag in God  wat die Bron van sy lewe is. Galasiers 5:22-23 beskryf my man:  “As die Gees ons lewe beheer, is die gevolg liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendlikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Ons het dalk nie baie geld nie, maar ons is ryk aan liefde.