Jaco Leon Hannekom
My skool kys! Jy was ’n arm seun, maar die rykste mens wat ek geken het. Vars geplukte rosies uit die bure se tuin, jou sakgeld uitgebel na my toe en liefdes briefies gelos op my venster bank. Het ek jou waarlik waardeer?
HERFS (Warrelwind KOVSIE jare)
Swaarkry jare wat ek nie gevoel het nie, besef ek nou! Jy het my alles gespaar en wou net die beste vir my bied. Sekerlik vandaar die mooi grys strepies in jou hare? 5 km elke dag na rugby oefening na my toe geloop om te kom kuier.
WINTER (liefde, leed en geluk)
Sprokies troue dan ons gesin! Die Here het gesê wag. Op 12 Junie 2008 ’n miskraam. Jy het my gedra deur hierdie donkerste tyd. Ons was bitterlik hartseer. Presies 12 Junie 2009 is Edrich gebore. Wonderwerk! Dankie vir slapelose nagte saam, rus wat jy mamma gun om te gaan “shop”, vuil doeke ruil en jou sensitiewe aard. Jy is Palief van die Jaar vir my! En Ja ek waardeer jou opreg!











