David Norval
Jy is nie een vir blomme aan dra, badwater intap, skottelgoed was of om vleitaal te gebruik nie, maar as jy die dag onbeholpe voor my bed staan met ‘n koppie koffie en vir my se “dankie Spikkels vir alles” weet ek dit kom uit jou hart. Ek drink uit jou koppie van liefde en omgee.
Jy droom daarvan om ‘n nuwe voertuig te koop, maar jy koop lusern omdat dit so droog is en installeer ‘n lugversorger in die kombuis omdat ek so warm kry. Onselfsugtig gee jy altyd jou drome op vir my drome .
Elke oggend bid jy vir ons, en ek weet my dag begin reg, want jy ken God. . Jy is een van min woorde, maar as ek in jou oe kyk, voel ek net liefde en omgee.
Ek vlieg hoog, Eduard, want jy is die wind van liefde onder my vlerke. DANKIE










