Dirk van der Westhuizen

So, toe vat Dirk my die Saterdag middag uit vir middagete, en binne sekondes stort r?en dit in Krugersdorp se Key-West Winkelsentrum soos nog nooit gesien nie, dis net water waar jy kyk…

Saam gaan staan ons toe by die uitgang van die winkelsentrum, en dit is net mense wat verwoed skarrel deur tonne water poele om so gou as moontlik by hulle motors uit te kom! Toe tel Dirk my in sy arms op en stap uiters vasbarade met my soos “Jane” (van die fliek “Tarzan en Jane”) in sy arms deur al die poele water kar toe.

Die volgende oomblik stop daar ‘n dame en haar man langs ons, gryp Dirk aan sy arm en gil hardop uit “NOW THIS IS WHAT I CALL A MAN – WOW A REAL GENTLEMEN”!  Baie skaam en verl?e glimlag ons toe maar net en stap voort…
My man is great!!! God is GROOT!!