Cilliers van Zyl
“Dit is jy met jou sagte oë wat liefde spreek, dit is jy met jou warm hart wat al my mure afbreek, dit is jy wat my styf vashou en veilig laat voel, dis vir jou wat ek liefhet, NET VIR JOU” My sexy “McNjammie” is my BESTE vriend. My saam-musiek-maak kameraad.
Ons geniet sommer-net-laf-wees, fun-hê, voluit-leef tye SAAM. Hy bederf my met opwindende “skattejag” presente, kerslig badtyd-geselsies, en aan-die-slaap raak rug-krap-sessies. Hy’s ALTYD geduldig, wys, standvastig, en bereid om meer en meer van homself te gee. Hy het ten spyte van omstandighede, SO ‘n sukses van sy lewe gemaak en ek is SO trots op hom. My skoolkys tien jaar gelede, is vandag STEEDS my DROOMMAN…en gaan hopelik binnekort die BESTE pappa wees. “Liefie, jy verdien NET DIE BESTE!”











