Om die beste te wees

Jannie Putter

Selfkenner: Jannie Putter

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Dit sal beter word
Natuurlik kan niemand swaarkry en seerkry ontsnap nie. Die lewe is nie regverdig nie en elke persoon sal mettertyd in ’n mindere of ’n meerdere mate pyn ervaar. Daarom nooi ek jou om ’n pad saam met my te stap – dat ons lyding kan uitoorlê met die oorwinning waarvan ons by Jesus geleer het.

KLIEK HIER om jou gratis Carpe Diem e-boek hier af.

lyn_3.png

Hou op om ander te probeer beïndruk of jouself gedurig met ander te vergelyk. Niemand het nog ooit heeltemal daarin geslaag om mense te behaag nie. Begin eerder soos ’n wenner dink!

Ek was altyd deel van ’n vriendekring, maar ek het nooit gevoel dat ek regtig daar hoort nie. Daar was altyd onsekerheid in my binneste. Is ek goed genoeg vir hulle? Vandag weet ek dit was nie net ek wat so gevoel het nie, daar was baie ander met dieselfde minderwaardigheidsgevoel.

Daar is nie werklik ’n beste in die lewe nie, daar is net ’n uitblinker vir daardie oomblik. Daarna is almal weer gelyk... tot die volgende mededingende situasie opduik. Om die beste te wees is ʼn ingesteldheid, ’n spesifieke manier van dink, nie ’n resultaat nie. Dit is die uitkoms van verskillende ervarings wat saamgevoeg word, en nie al hierdie ervarings is noodwendig oorwinnings nie.

Moenie dat prestasies jou eiewaarde bepaal nie

Om die beste te wees kan slegs gebeur as jy ophou om jouself met ander te vergelyk en jouself eerder meet aan dit wat jy in staat is om te doen.

Wanneer eerste of laaste plek nie meer jou eiewaarde bepaal nie, maar jou selfbeeld eerder gedefinieer word deur jou tevredenheid met jou pogings, dan begin “die beste-wees” vir jou ’n moontlikheid word.

Natuurlik verskil hierdie siening radikaal van die wêreld s’n. Die wêreld beskou jou slegs as die beste wanneer jy die oorwinning oor ander behaal, maar dit verstaan nie die krag van die geestelike dimensie van menswees nie. Die wêreld fokus slegs op wat ons kan sien, op die hier en nou. Ek weet, want ek was ook so.

Al wat getel het, was wat ek kon sien en bewys, maar ek was die sucker. My wêreld was klein en onseker, en ek het gedurig probeer om myself te bewys deur my swakhede te verbloem. Ek het voorgegee om iemand te wees wat ek nie was nie. Vandag is my lewe totaal anders. En glo my, dis baie meer pret!

Vind die beste in jouself en ontwikkel dit

Vandag kan ek met eerlikheid sê: Ek lewer altyd my beste – in alles wat ek doen. Natuurlik klop ander my elke nou en dan, hetsy op die sportveld, hetsy op persoonlike terrein. En as hulle presteer, wens ek hulle geluk. Die doel van mededinging is immers om die beste in jouself te vind en te ontwikkel. Om bo te eindig het eintlik niks daarmee te doen nie.

Die oomblik as jy dit verstaan, sal jy ook verstaan dat “om die beste te wees” nie slegs een persoon beskore is nie. Toe ek hierdie waarheid begin verstaan het, het my lewe van onsekerheid, twyfel en vrees verander in ’n lewe van pret, opwinding en dankbaarheid. My minderwaardigheidsgevoel het soos mis voor die son verdwyn, want ek het begin glo dat ek uniek gemaak is. Ons is almal uniek – jy ook!

Ons uniekheid is wetenskaplik bewys. As jy nie jou uniekheid kan waardeer en geniet nie, sal jy jouself altyd met ander mense vergelyk.

Wees uitstaande en doen meer as wat verwag word

Die samelewing kondisioneer ons om gedurig bewus te wees van ons swakhede en om onsself met ander te vergelyk. Wanneer jou uniekheid vir jou sin maak en jy dit verstaan, kan jy egter begin leef met die ingesteldheid dat jy uitstaande en spesiaal is.

Om uitstaande te wees beteken jy is bereid om meer te doen as wat iemand anders bereid is om te doen met wat hy of sy het. Dit het eintlik niks met prestasie te make nie.

Die meeste van ons beskou onsself as gemiddeld. Of ons dink ons is beter as ander omdat die talente wat ons ontvang het, beter is in vergelyking met hulle s’n. Maar dit gaan nie oor vergelykings nie; dit gaan daaroor om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat jy ontvang het.

Wie jy werklik is, wat jy het om aan die wêreld te bied en die feit dat jy ’n betekenisvolle en gelukkige lewe leef, word nie deur die samelewing of deur jou omstandighede bepaal nie. Dit word bepaal deur wat jy oor jouself glo. Want wat jy glo, dit sal jy wees.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Soetgoed vir die siel (3 boeke in 1)
Soetgoed vir die siel is ʼn  samestelling van drie van Susan Coetzer se verhale oor die soeke na soetgoed vir jou siel. Die 3 boeke in 1 sluit in: Oros vir die Siel, Custard vir die Siel en Tjoklits vir die Siel.

Kliek HIER om die aanlyn te koop op www.voelgoedwinkel.co.za

lyn_3.png

 

 

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.