selfhelp

sukses

Jannie le Roux

Jannie le Roux is gebore en getoë op Beaufort-Wes. Aan die Universiteit van Stellenbosch het hy sy graad in Teologie (BTh), ’n honneursgraad in Sielkunde, en ook sy doktorsgraad in Teologie (DTh) verwerf. Hy is tans in die bediening as predikant van NG Kerk Gordonsbaai. Jannie het al 39 boeke die lig laat sien. Hy is die voorsitter van verskeie kommissies en vergaderings, en tree gereeld op as motiveringspreker en aanbieder van leierskapskursusse.

Jannie hou van koffiedrink saam met my vrou, lees, kuier en kamp, en sê nooit nee vir ’n avontuur nie.

Baie dankie vir u insiggewende antwoorde en raad.My dogter word nou Wo.30 en sy is nou op die oomblik in Ibitha in Spanje (1 van haar drome)My seun word 26 en het die oulikste meisie ontmoet.Ek het die saak by die werk met die hoof bespreek en ook u antwoord aan haar getoon. Sy is ook baie positief en
sê "Doen net jou bes", Ek verwag nie meer as dit nie.Groete

Dis my gebed dat die Here julle nuwe vlerke van geloof, hoop en liefde sal gee.

Kommentaar

Ek wil graag nog 'n vraag vra. Ek is tans 33jr. in die onderwys by dieselfde skool. Ek geniet my beroep baie en is baie lief om met kinders te werk.
Ek kom goed met al my kollegas oor die weg, behalwe
met een persoon wat dinge vir my bitter moeilik. maak. Ek bid baie vir haar en hoe om verskeie situasies te hanteer. Sy soek gedurig foute in my werk. Ek moet ekstra tyd aan my vraestelle en punteskedules spandeer om seker te maak dat sy nie iets teen my kan kry nie. Van die kollegas het my al gewaarsku dat ek nie "skietgoed" vir haar moet
gee nie. Ek het al 'n paar keer met haar gepraat as dinge te erg raak.Haar opmerking is dat ek weer met die Bybel na haar toe kom. Dis deel van ons wapenrusting. Dis 'n opdrag van Hom om in liefde en vrede met elkeen te lewe.Ek besef dit is 'n beproewing wat Petrus en Jakobus van praat wat my op my knieë hou.Watter raad sal u my gee om die situasie te hanteer?

Interessant dat Romeine 12:18 sê: "As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense." Die implikasie is dat alle mense nie noodwendig met óns in vrede gaan wil lewe nie. Soms is so 'n persoon net 'n totaal ander persoonlikheidstipe en julle soos olie en vuur by mekaar. Die punt is dat jyself alles in jou vermoë sal doen om in vrede te leef. Aanvaar dat die ander persoon anders is. Jy kan ook net doen wat jy kan en sover jy kan. Moenie jou selfwaarde deur die ander persoon se opmerkings laat bepaal nie. In neurolinguistiese programmering sê die mense "The map is not the territory". Daardie een se kaart van die gebied verskil van joune. Sy is waarskynlik sterk taakgerig, en jy weer sterk verhoudingsgerig. Natuurlik gaan julle dan maklik verby mekaar praat. Om uit die Bybel te praat, is reg, maar in hierdie situasie neem die persoon dit ontoepaslik op. Sy weet jy rig jouself volgens God se Woord. Hou daarby, en sy sal in jou sien hoe lyk die Woord - jy hoef dit nie meer vir haar te sê nie. Fokus op die 99% mense en goed wat reg is sodat jy weer in genot kan leef. Moenie jou geluk laat steel deur wat jy dink sy dink nie. En moenie tot haar vlak daal nie!

Kommentaar

vra vir Jannie

Teken aan om jou vraag te vra

Vraag:

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]