voelgoed CAFÉ

Goeie nuus het ’n manier om ’n mens se dag op te helder. Weet jy van enige goeie, lekker, voelgoed nuus of gebeure? Kom deel dit hier...

ansi

Deur:
ansibarnard@mweb.co.za

op:
2010-03-05 18:31:10
Elke dag is n nuwe uitdaging.Die drie seuns wat ek groot gemaak het is my resume.My skoondogters is my beste vriendine.My kleindogter(19)is my pel my drie kleinseuns is die rente op my geld.Ek dank die Here vir my sterk geloof.Positiewe ingesteldheid is my wagwoord
Marinda

Deur:
marinda@dekfasure.co.za

op:
2010-02-26 13:38:53
"n lekker koppie Koffie by 'n koffie"shop" saam met 'n vriendin en dalk 'n stukkie kaaskoek, is die beste voelgoed midesyne vir my.
Adri

Deur:
nissi1@lantic.net

op:
2010-02-16 15:40:21
Wat ek nou net weer vandag besef het. God is nie die een met 'n selfbeeld probleem nie. Al gooi ek my poppe uit die pram sal Hy rustig wag en na my luister sonder om my van die seer wat ek Hom aangedoen het te vertel. Nee, Hy maak asof dit net nooit plaasgevind het nie. Ek is baie bly ek hoef nie God te wees nie want ek sou lankal moed opgegee het met myself. Ons aanbid 'n awesome GOD
antoinette

Deur:
antoinette1@webmail.co.za

op:
2010-02-08 14:21:13
My Hemelse Vader het my hele lewe verander en ek is trots om te se ek is 'n Koningskind, want sonder Hom sou ek nooit die wonderlike pad kon stap nie. Ek kan my nie indink sonder Hom nie, Hy is my hele lewe.
Heleen

Deur:
heleen@getemail.co.za

op:
2010-01-09 19:52:46
As ek iets wil doen om my goed te laat voel, gaan drink ek "high tea" by die mount nelson Hotel. Die pragige tuin, die rustigheid, die luuksheid, die verskeidenheids kos. Jy kan nie anders as om goed te voel nie. Ek kan dit hoogs aanbeveel.


Naam:
E-pos adres: 
Bly anoniem?: 
Boodskap:
  Vul asseblief die nommer wat onder wys in die relevante veld
captcha