voelgoed CAFÉ

Het jy ’n inspirerende lewensverhaal wat jy graag met ander wil deel? Kom deel jóú storie hier – dit mag dalk net ’n verskil maak in iemand se lewe, miskien jou eie...

anononiem

Deur:
none@none.com

op:
2009-05-25 10:25:45
"Jy kan nie jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie". Dis maar een van die vele lewenslesse wat ek by my ma geleer het, maar hierdie een moes ek ongelukkig ook op die harde manier self ervaar om werklik te weet waaroor dit gaan. Kortliks - ek het 9 jaar terug 'n verhouding met 'n getroude man begin. Ek was self getroud, maar is minder as 'n jaar later vervreemd en later geskei. Ek het 2 kinders. Vir 7 jaar het die verhouding aangegaan terwyl hy net geweier het om te skei. As ek terugdink daaraan kan ek myself nie verstaan waarom ek toegelaat het dat dit so lank aangaan nie. Ek het telkemale probeer wegstap. Ek was finansieel gehel en al onafhanklik en kon dit so maklik doen - maar ek het nie. Ek het geglo ek is werklik lief vir die man. Hy is 2 jaar gelede geskei. Ons is nou "amptelik" bymekaar maar ek was nog nooit so ongelukkig in my lewe nie. Hy was nog altyd egoisties en redelik verwaand maar onlangs het ek 'n artikel oor narsisme gelees en besef - dis presies wat hy is. Ek en my twee kinders bly nou by hom en is in 'n mate afhanklik van hom alhoewel ek nogsteeds 'n goeie inkomste verdien. Dit is ongelukkig nou nie meer so maklik om die verhouding te beeindig nie en elke keer as ek dit wil doen, is hy vol berou en maak die mooiste beloftes. Sy eks-vrou is intussen weergetroud en is regtig gelukkig. Ek gun haar dit. Op die ou end kry ek seker nou presies dit wat ek verdien vir die 7 jaar lange buite egtelike verhouding waarin ek oop oë gestap het. Dit voel regtig vir my of God my straf daarvoor en ek sukkel met my verhouding met God. Selfs gedurende die 7 jaar het ek nader aan God geleef. Ek voel verlore en oorweeg gereeld om selfmoord te pleeg, maar ek is te lafhartig. Ek kom self uit 'n gebroke huis waar ek grootgeword het met my ma se persepsie van "'n ander vrou wat my pa van ons weggevat het". Nou het ek presies diesefde gedoen en ek weet dat ek al die ongelukkigheid wat ek nou beleef verdien. Asseblief - leer uit my fout! Moet NOOIT dink dat jy jou geluk op iemand anders se ongeluk kan bou nie!
anononiem

Deur:
none@none.com

op:
2009-05-23 14:07:23
Soms het ons baie vrae in die lewe - deesdae gebeur daar dinge om ons - veral met die klein jong kinders wat in ongelukke sterf - dan sê ek vir myself "ek sal dit nooit oorleef nie" - maar dan besef jy die Here het 'n doel met elkeen van ons se lewe asook 'n plan en Hy sal niks op ons lewenspad bring as Hy weet ons kan dit nie hanteer nie. Dit maak nie altyd vir my sin uit nie - ek meen hoeveel hartseer het daardie ouers wat hul jong pragtige kinders aan die dood moes afstaan - ek sit met twee pragtige jong manne 32 en 27 op wie ek so trots is - maar dan kom die stem by my op "weet jy ons kinders word net vir ons geleen" - so wat ek eintlik hier wil sê - ouers, koester hulle en wees onvoorwaardelik lief vir hulle solank hulle onder jou dak is - hulle is net vir ons geleen. 0123


Naam:
E-pos adres: 
Bly anoniem?: 
Boodskap:
  Vul asseblief die nommer wat onder wys in die relevante veld
captcha
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]