voelgoed CAFÉ

Het jy ’n inspirerende lewensverhaal wat jy graag met ander wil deel? Kom deel jóú storie hier – dit mag dalk net ’n verskil maak in iemand se lewe, miskien jou eie...

Wilhelmina

Deur:
anina6@vodamail.co.za

op:
2010-10-09 14:40:16
Ek het altyd geglo ek is 'n Christen, toe openbaar God eendag aan my dat ek Hom al vir omtrent 40 jaar lank blameer vir alles wat "verkeerd" is in my lewe. Ek moes leer om te vergewe, myself en te aanvaar dat ek skuldig voel oor ek Hom blameer. Dit het tyd geneem, maar haleluja, ek kan vandag getuig God is getrou, God vergeef en God is goed!Wat 'n bevryding.
Roslyn Baatjies

Deur:
roslyn.baatjies@nmmu.ac.za

op:
2010-06-18 12:00:46
My lewe was maar doodeenvodig; tot op 3 September toe ek in 'n taxi-ongeluk my nek gebreek het. 'n Dag voor die ongeluk het my vriend van 2 jaar ons verhouding oor die telefoon verbreek. Ek het 11 maande in die Conradie Hospitaal in Kaapstad deurgebring. Ek moes weer leer loop en aangesien ek van PE is en weg van my familie was, het dit maar moeilik gegaan. Na my ontslag uit die hospitaal in Augustus 1991 het ek begin studeer. Nadat ek my BA graad verwerf het het ek 'n werk by 'n dagblad gekry. Ongeveer 6 jaar daarna het ek as kommunikasiebeampte by 'n universiteit begin werk. In al die tyd het ek nie weer 'n noemenswaardige verhouding met 'n man gehad nie. Dit was asof my gestremde liggaam hulle afgesit het. Ek kon loop op my eie en was onafhanklik, maar dit was nie genoeg nie. Wat mense van my gedink het het baie saak gemaak. Ek kon egter nie aanvaar dat my aktiewe lewe so wreed tot 'n passiewe lewe verander het nie. Ek het steeds gehunker na die onvoorwaardelike liefde en aanvaarding van 'n maat. Ek het ongeduldig gertaak omdat 40 begin wink het en ek so graag kinders wou he. En toe lees ek 'n boek en besef dat alles nou moet end kry. Ek het besluit om 'n lewe te lei waar ek minder fokus op wat ek dink mense wil he ek moet wees. Ek is nou 41 jaar oud, nog steeds ongetroud, en ek het gedoen wat 'n kollega dit genoem het: ''letting go of everything else in order to let wisdom in. In so doing, you are also letting yourself in.'' Ek geniet my werk, ek het uit my ouerhuis getrek na 'n woonstel vir die eerste keer, ek het vanjaar 'n honneursgraad verwerf en is besig met 'n tweede in vertaling. In die aanvaarding van myself, aanvaar ek ander mense nou ook beter. Sabbatsreis deur Annelie Botes was die boek wat my anders na die lewe laat kyk het.
anononiem

Deur:
none@none.com

op:
2010-05-17 11:57:08
Jou pos is een van die wat afgeskaal moet word. Ek is vreemd kalm en skakel my man by sy werk. "Ek is geretrench" sê ek emosieloos. Die afgelope jare se seer het so 'n harde roof gelaat dat dit voel of hierdie maar net deel van 'n gewone dag se roetine is. Dit het begin by my ma se dood, bouers wat weggeloop het met ons geld, buite-egtelike kleinkind, buite-egtelike verhoudings, verlies aan inkomste wat gelei het tot skuldberading wat weer gelei het tot uitbranding en psigiatriese behandelings. "Here, wat nog? Hoekom het U my weggeneem uit 'n standvastige werk en my hierheen gestuur net om dit ook van my weg te neem? Hoeveel meer moet ek nog verduur?" Wanneer moet ek klaarmaak? vra ek aan my bestuurder. Sodra die proses voltooi is en na jaareinde-so die einde April reken ek. My brein begin berekeninge maak-hoeveel gaan die pakket wees, hoeveel gaan my pensioen betaal, ek behoort WVF te kan eis. Die skuldberading gaan my pootjie. "Here, my skip sink en waar is U?" Elke dag gaan ek deur die mosies van menswees maar sonder doelgerigtheid. Depressie wil-wil my weer beetkry en ondertoetrek. Toe gebeur dit met my. Ek wat al so baie daarvan gehoor het maar nog nooit self ervaar het nie. Ek het 'n Goddelike ervaring een nag in 'n droom. Ek word so Geesvervuld wakker dat my bloed deur my are borrel, elke haartjie orent staan op my lyf, ek bewe en ek my wakker praat met die woorde "Jesus, dankie dat U my uitgekies het om aan my te openbaar dat U leef!" Vir die eerste keer in baie maande raak ek rustig aan die slaap. Die volgende oggend word ek wakker met 'n volslae rustigheid oor my. Ek vertel my man van my ervaring en sê aan hom dat die Here aan my gesê het dat ons gaak okei wees. Ek het niks om dit op te baseer nie, behalwe my droom-ervaring, geloof en Sy Woord. In my stiltetyd gee Hy ook Jes 54:15 "As hulle ook die aanval begin-dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val." en vers 17 "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here." Daardie oggend stap ek by my kantoor in en sê aan my mede-kollega en bestuurder, albei Christene en liewe vriendinne, dat die Here vir my die boodskap ook gegee het om aan hulle te sê dat ook hulle gaan okei wees. Ek weet nie hoekom ek die boodskap moet gee nie, ek volg net Sy opdrag. 'n Week later kom klaar iemand uit en ek vra die persoon of hy 'n parkering het. Bevestigend skakel ek die dame wat met die allokering van die parkerings werk en sê aan haar dat hierdie suiwer 'n geloofsprong is, maar kan sy van 1 April asb die parkering aan my toeken? Sy doen dit. Ek gaan rustig aan met my werk maar getuig dat die Here groot dinge gaan doen. 29 Maart breek aan en daar is 'n vergadering vir ons afdeling. Ek is siek en is nie op kantoor nie. Die volgende dag roep my bestuurder my in haar kantoor in en lig my in dat ons afdeling se struktuur dieselfde bly. Ek verloor nie meer my werk nie! Skielik maak my droom en die beloftes in my stiltetyd vir my sin. Maar die Here belowe ook, Hy is nie met my klaar nie, ook nie met die maatskappy nie. Dinge gaan radikaal omdraai, al wat nodig is is vertroue, getrouheid aan Sy Woord en geloof. Ek ry om my kind by die kollege te gaan haal en my motor se brandstoflig brand en ek het nie 'n sent in my beursie nie. In die ry sluit ek my oë en bid "Here, U sê dat ek U moet vertrou, nie net in die groot dinge in my lewe nie, maar ook in die klein dingetjies. Raak asb hierdie petroltenk aan want dit is in U mag." Toe ek my oë oopmaak, is die brandstofliggie af en die naald het gelig! Halleluja Heer, aan U al die Eer. Presies twee maande na my droom maak ek kos en my man roep my opgewonde om iets te kom kyk. Toe ek daar kom wys hy my die dagstukkie van Radiokansel se boekie en waarlik, presies my stilte-tyd teks ter bevestiging! "Here, ek sal aanhou getuig, my mond sal nie stilbly nie..al kan ek EEN siel aanraak.." Maar die Hemelse opdrag bly, maak reg dit wat verkeerd is in jou lewe, skenk vergifnis om vergifnis te kan ontvang, aanvaar Jesus as jou Persoonlike Saligmaker en Verlosser, want Tyd is wat ons nie meer het nie. God seën elkeen van julle met 'n dubbele deel seën. Judy
Erna Venter

Deur:
ernaventer@vodamail.co.za

op:
2010-05-09 15:06:17
Kanker neem deesdae daagliks toe en ontsien niemand nie. Wat egter vreesaanjaend is, is die feit dat al gaan jy deur die erge standaard chemo behandeling en al die newe effekte jy dalk vir 'n ruk genees is en dan keer die kanker terug op 'n ander plek.In al die navorsing wat ek gedoen het word daar geen noemenswaardige deurbrake gemaak nie, inteendeel as mens Fortune Magazine lees The War On Cancer sê hulle We are loosing the war. Nadat ek Februarie 2010 met borskanker gediagnoseer is het ek net besluit dat ek nie my bors gaan laat verwyder nie ook nie standaard chemo gaan ondergaan nie. Ek het te veel gesien hoe hondsiek mense word.Daar moet iets anders wees. Na baie bid en navorsing kom ek toe af op alternatiewe kanker behandeling nl. IPT behandeling. Lees TREATING CANCER WITH INSULIN POTENTION THERAPY van A. Hauser & Marion A Hauser. Die behandeling word al meer as 70 jaar in Mexico toegepas. Ook is daar sowat 200 dokters in die VSA wat die behandeling toepas asook in Europa. Dr. Eugene Pretorius is die enigste Dr. in Suid Afrika met opleiding. Sien www.camaa.co.za Ek het hom gekontak en hy het vir my van sy pasiënte se name gegee. Ek het hulle gekontak en is verseker dat ek die regte ding doen. Ek het nou al 10 behandelings gehad. Ek het in my hele lewe nog nooit so gesond gevoel nie. Ek het nog my bors, geen haar verlies nie en was nog nooit een dag siek, naar ens nie.Dit is omdat ek saam met die behandeling op 'n baie gesonde dieët is en baie aanvullings neem om my imuunsisteem geweldig te boost. My bloedtellings is elke keer uitstekend.In al die navorsing oor kanker kom dit duidelik deur dat kanker op suiker teer,asook verfynde witmeelprodukte. Lees ANTI CANCER a new way of life deur David Servan- Schreiber, MD, PhD hy het self breinkanker.As gevolg van ons verkeerde leefstyl, gemorskos, geprosseseerde kosse en bymiddels ens stres gaan alle mense so teen 20 jaar kanker kry. Daar is nie 'n vrug of groente in die natuur wat deur God gemaak is, wat NIE kankerwerend is nie. Alle dokters, onkoloë en Kansa is teen IPT behandeling gekant omdat dit kwansuis gevaarlik is.Ek en al die ander pasiënte met wie ek kontak gemaak het het nog niks oorgekom nie.Ook is dit my grondwetlike reg om die behandeling van my keuse te kies. Daar is geen waarborg dat standaard chemo werk nie maar dit mag toegepas word.Miskien is dit omdat daar geld wat sekere ouens nie gaan kry by betrokke is. Ek wil 'n beroep op almal doen want, jy weet nie wanneer dit jou beurt is nie, om te veg vir hierdie behandeling sodat Dr. Pretorius mag voortgaan. Betoog, skryf briewe aan die medisyneraad en staan op jou reg, want jy is dalk volgende.Dit het met my gebeur.
Helen

Deur:
helent@nbl.co.za

op:
2010-04-09 06:44:34
Dankie dat julle die verhale met ons deel. Ek dink dit help baie mense wat in soortgelyke situasies is om dalk die regte keuses te maak. Ek stem saam, pas op wat jy het. Ons families is baie belangrik. Ek dank die Here vir 'n wonderlike man en 2 pragtige kinders. Is vanjaar 21 jaar getroud.


Naam:
E-pos adres: 
Bly anoniem?: 
Boodskap:
  Vul asseblief die nommer wat onder wys in die relevante veld
captcha