voelgoed CAFÉ
Sal jy ooit ’n orgaan skenk vir geld?

anononiem
Deur:
none@none.com
op:
2011-01-13 06:43:59
Ek gaan op 16 Februarie 2011 vir my dogter Claudette Labuschagne 'n nier skenk. Ek doen dit met al my liefde, sodat sy ook 'n normale lewe kan ly. Sy is al 9 jaar siek.
Rianda
Deur:
riandavisagie@gmail.com
op:
2011-01-12 11:06:02
Ek stem saam met die meeste van julle, dit word gedoen om 'n ander mens se lewe te spaar, hoekom geldgierig wees oor dit, dis nie reg nie. Jesus het klaar die prys aan die kruis betaal.
anononiem
Deur:
none@none.com
op:
2011-01-12 07:03:16
Ek wil net baie dankie vir die mense sê wat organe skenk.Vir my sal dit 'n vooreg wees as ek kon eenige deel van my liggaam skenk maar ek dink ek is te oud.Mens moet dink jy kan 'n lewe red al is jy nie mer daar nie.Ek dink meer advertensies moet gedoen word oor orgaan skenking.Dankie Irene
anononiem
Deur:
none@none.com
op:
2011-01-11 07:18:36
Ons het die organe VERNIET gekry - as 'n GESKENK van Hom daarom moet ons dit dan ook as 'n GESKENK vir ander gee - geen geld in ruil daarvoor nie! My hart bloei vir mense wat op organe wag...!
anononiem
Deur:
none@none.com
op:
2011-01-05 10:52:52
As geld betrokke is, gaan mense (soos diere tans) afgemaai word om organe in die hande te kry. Ons gesin is al vir 20 jaar medic alert lede - dus, niemand kry geld nie, maar iemand kry n kans op n beter lewe. Lorraine, ek weet nie waar jy aan die R500 kom nie, maar 10 jaar gelede is die jaarlike fooi van R60 ingestel (dis nie baie as jy dink aan die diens wat hulle EN jy vir mense gee nie). Daar is wel vanaf 2010 n 'update'fooi betaalbaar as jy nog nie oorgeskakel het na die jaarlikse inskrywing toe nie. Die duurste item is die 'disc' wat wissel van R125 tot R2530.
soek op voelgoed























