98 WAT DIE BYBEL SÊ OOR … GETROUD WEES wat die Bybel sê oor... Articles www.voelgoed.co.za

WAT DIE BYBEL SÊ OOR … GETROUD WEES

Partykeer sê mense dat indien ’n meisie seks met ’n man gehad het, hulle in der waarheid in God se oë getroud is ...

2010-08-31Hennie Stander

Die saak is egter nie so eenvoudig nie. Seks alleen impliseer geen lewenslange en emosionele verbintenis tot mekaar nie. Wanneer ’n gesellin gemeenskap met haar kliënt het, is daar nog geen sprake van ’n huwelik nie. ’n Huwelik gaan nie net oor die kortstondige koppeling van twee liggame nie, maar wanneer twee mense op ’n permanente basis hulle algeheel aan mekaar toewy. Dink aan Josef wat geen seks met Maria gehad het voordat Jesus gebore is nie. Nogtans sê Matteus dat Josef en Maria getroud was (Matt. 1:24-25).

Kerke verskil oor presies wanneer ’n mens van ’n huwelik kan praat. Die Katolieke Kerk was al bereid om ’n huwelik te ontbind as die seksdaad nog nie voltrek is nie. Die argument is dan dat as daar nie seks is nie, daar ook nie van ’n huwelik sprake kan wees nie. Protestante glo oor die algemeen dat ’n paartjie getroud is wanneer hulle, hulle trou aan mekaar tydens ’n erediens beloof. En dan is daar ’n derde groep wat glo dat wanneer ’n paartjie saamwoon, hulle wel getroud is in die oë van God.

’n Paartjie is nie getroud bloot omdat hulle seks het nie. Om getroud te wees beteken dat jy jouself so ten volle aan die ander persoon oorgee dat dit selfs alle ander lojaliteite oorskadu. Daarom dat die Bybel ook vertel dat die mans sy vader en moeder verlaat om saam met sy vrou te lewe (Gen. 2:24). Jesus sê ook aan die Samaritaanse vrou dat die man met wie sy op daardie stadium ’n seksuele verhouding gehad het, nie haar man is nie (Joh. 4:17-18). Dit is waar dat die Bybel ons nie vertel dat Adam en Eva enige moderne huweliksbeloftes aan mekaar afgelê het nie. Maar Adam se woorde “sy is been van my gebeente en vlees van my vlees” dien eintlik dieselfde doel. Dit is ’n openbare verklaring van toewyding aan die lewensmaat wat God hom gegee het.

Seks alleen skep nie ’n huwelik nie, maar dit kan ook nie van die huwelik losgemaak word nie. Daardie huweliksbelofte van trou en die seksuele verbintenis daarna is fyn ineengeweef.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS

    Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...
  • MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN

    God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).
  • OOR PAK SLAE

    Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.
  • DIE MAAK VAN SKULD

    Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...
  • VROU EN MA WEES IN VOLLE VREUGDE

    Om 'n Christenvrou te wees beteken nie dat jou lewe soos 'n feëverhaal sal wees nie, en die Bybel skep ook nie onrealistiese ...
  • HANDE OPSTEEK TYDENS 'N KERKDIENS

    Lidmate van 'n tradisionele kerk voel dikwels ongemaklik met die gebruik dat mense tydens die diens hande omhoog hou wanneer hulle...
  • WANNEER JY TWYFEL

    Christene wonder baie keer of dit sonde is om soms aan God se bestaan te twyfel en of God hulle daaroor sal straf.
  • DIE KEUSES WAT ONS MAAK

    'n Vraag wat gereeld by Christene opkom, is: Hoekom slaan die lewe party mense harder as ander? Het God dit dan alles so bestem?
  • DIE GREEP VAN DEPRESSIE

    Mense wat aan depressie ly, of die mense na aan hulle, wonder dikwels of dit sonde is om depressief te wees en of depressie en die...
  • RINGETJIES DRA

    Tieners – en ouer mense – dra deesdae allerhande soorte ringe: oorringe, toonringe en selfs naeltjieringe.